Draaihals

From Wikipedia, the free encyclopedia

Draaihals
Remove ads

Die draaihals (Jynx ruficollis) is 'n voël in die familie van spegte (Picidae). Die voël kan aan die roesbruin vlek onder die keel en op die bors uitgeken word. Die bokantste vere is bruin met swarterige spikkels daarop. Hulle kom in Afrika suid van die Sahara voor.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Hierdie spesie het die gewoonte om vooroor te leun en die kop van kant tot kant te swaai. Hierdie manier van vertoon word vir gebiedsafbakening en hofmakery gebruik. Hulle is nie in staat om gate in bome te kap nie en is afhanklik van natuurlike gate of ongebruikte gate van ander spegte en houtkappers vir neste. Hulle spandeer baie tyd op die grond waar hulle miere en termiete met hul lang tonge oppik.[2]

Thumb
'n Draaihals, let op die roesbruin vlek onder die keel en op die bors.
Remove ads

Ander name

  • Engelse naam: Rufous-necked Wryneck, Red-breasted Wryneck
  • Wetenskaplike naam: Jynx ruficollis

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads