Driekoningedag

From Wikipedia, the free encyclopedia

Driekoningedag
Remove ads

Die Driekoningedag of Epifanie (afgelei van ἐπιφάνεια, epipháneïa; Latyn: epiphanīa "Verskyning") is die oorspronklike en vandag nog gebruiklike Protestantse naam van 'n Christelike herdenking op 6 Januarie. Soms word die term Teofanie (θεοφάνεια, "Godsverskyning") as 'n sinoniem gebruik.[1] In die Rooms-Katolieke Kerk word dit Fees van die Epifanie (Sollemnitas in Epiphania Domini) genoem, algemeen en in baie kalenders ook Driekoningefees, Driekoningedag en Heilige Drie Konings genoem.[2]

Thumb
Die drie konings: Caspar, Melchior en Balthasar, op 'n laat 6de-eeuse mosaïek in die Basilika van Sant'Apollinare Nuovo in Ravenna, Italië
Thumb
Die Driekoningedag, skildery deur Jan Steen, 1668
Thumb
'n Reusestandbeeld van die drie konings (Portugees: Três Reis Magos) in Natal, Brasilië

Op hierdie fees herdenk die Westelike kerke die aanbidding van die Jesuskind deur die drie wyse manne uit die Ooste. Die Oostelike kerke herdenk op hierdie dag die doop van Jesus en openbaring van die allerheiligste Drie-eenheid.[3]

Remove ads

Geskiedenis

Op Driekoningedag word die Bybelse gebeurtenis van die wyse manne uit die Ooste herdenk wat 'n opgaande ster sien en toe na die koning van die Jode gaan soek (Matteus 2,1-18). Hulle bereik Betlehem en vind daar Jesus, die pasgebore koning van die Jode. Waarskynlik word hier verwys na die visioene van Bileam, die siener in Moab wat 'n ster uit Jakob sien opkom (Bemidbar/Numeri 24,17),[4] verwys.

Die drie wyse manne het name. In Grieks is dit Apellius, Amerius en Damascus en in Hebreeus Galgalat, Malgalat en Sarathin, maar hulle het onder hul gelatiniseerde Persiese name Caspar, Melchior en Balthasar bekend geword. Hulle was glo onderskeidelik 20, 40 en 60 jaar oud; nommers wat die leeftye van volwassenes simboliseer.

In die Rooms-Katolieke liturgie in België en Nederland word die Hoogfees van die Epifanie op die eerste Sondag ná 1 Januarie gevier. In die meeste Suid-Europese lande is Driekoningedag 'n vakansiedag en word Driekoninge op die dag self gevier. Die Openbaring van die Here is die eerste van drie feeste, saam met die doop van die Here (Sondag ná 6 Januarie) en die opdrag van die Here in die Tempel (2 Februarie), wat tot die liturgiese jaar se Kerskring, die tyd van Jesus se kindertyd en jong jare, behoort.

Die sogenaamde Relikwieë van die Drie Konings word in 'n relikwieskryn in die Katedraal van Keulen bewaar.

Remove ads

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads