Dwergbroodboom

plant spesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Dwergbroodboom
Remove ads

Die dwergbroodboom (Encephalartos humilis) is 'n spesie van die genus Encephalartos en is endemies aan Mpumalanga waar dit voorkom in die Krokodilriviervallei. Die plant is klein, die stam word slegs 30 cm lank en dit groei hoofsaaklik op oos- en noordooshellings. Dit vorm makliker keëls in toestande van swaar reën en digte mis. Die plant word bedreig deur die afwesigheid van gereelde brande omrede dit voorkom in gebiede waar daar goed bestuurde bosbouplantasies is. Vuur versnel die frekwensie van die vorming van keëls.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Die boom is eenslagtig, manlike en vroulike bome is afsonderlike eksemplare. Die plant vorm slegs een keël op 'n slag en word ook nie maklik oorgeplant nie. As gevolg van dié omstandighede staan dit gevaar om uit te sterf.

Die boom se FSA-nommer is 14.16.[1] In Engels staan die broodboom as die Dwarf Cycad bekend.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads