E.M. Forster

From Wikipedia, the free encyclopedia

E.M. Forster
Remove ads

Die hooftema in die romans van die Engelse skrywer E.M. Forster (1 Januarie 1879 – 7 Junie 1970) is die botsing van twee teenoorgestelde wêrelde. Al sy romans, waarvan Howards End en A Passage to India die belangrikste is, is vóór 1925 geskryf. Daarná het hy hoofsaaklik essays, verhale en enkele biografieë geskryf.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Remove ads

Lewe

Edward Morgan Forster is op 1 Januarie 1879 in Londen gebore. Hy het in klassieke tale en die geskiedenis aan die Kings's College, Cambridge, gestudeer, waar hy vanaf 1946 'n teruggetrokke lewe gelei het. Enkele jare lank het hy ook in Italië gewoon, waar verskeie van sy romans hulle afspeel, en in 1912 en 1921 het hy as raadgewer van 'n maharadja na Indië gegaan. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was hy 'n amptenaar in Egipte. Forster, wat op 7 Junie 1970 oorlede is, se laaste roman, Maurice, het in 1971 verskyn.

Remove ads

Werk

 Forster se eerste roman, Where Angels fear to Tread (1905). is in verskeie opsigte kenmerkend vir sy hele oeuvre. Die hooftema is die teëstelling tussen die koel, beheerste noorderlinge en die warm, spontane suiderlinge, die intrige is ingewikkeld en die ontknoping dramaties, en die karakterbeelding van die Herriton-familie is skerp en komies. Die eintlike hoofkarakter, Philip Herriton, verander weens sy verbintenis met Italië en hy leer hoe om minder geslote te wees. Ook in die deels outobiografiese The Longest Journey (1907) word twee teenoorgestelde wêrelde vergelyk en vind 'n semi-intellektuele jong man, Riekie, die pad na die werklikheid, hoewel hy sy lewe daarvoor moes opoffer. In A Room with a View kom twee Britte ook voor die andersheid van Italië te staan. Van sy eerste drie romans is dit die lughartigste. Die werke wat Forster egter bekend gemaak het as een van die groot romanskrywers van die 20e eeu, is Howards End (1910) en A Passage to India (1924). In eersgenoemde boek is daar 'n konfrontasie tussen 'n gekultiveerde gesin en 'n bot gesin wat in die handel staan.

In A Passage to India het Forster sy eie ervarings in Indië verwerk en daarin geslaag om die ingewikkelde verhouding tussen die Britte en die Indiese bevolking weer te gee. Die tema hier is onder meer dat die koloniale agtergrond die vriendskap tussen die simpatieke Engelse onderwyser en die jong Moslemdokter Aziz onmoontlik maak. Net soos sy latere essays oor Indië is die roman ook 'n pleidooi vir verdraagsaamheid en 'n aanval op die misplaaste meerderwaardigheidsgevoel van die Engelse.

Ander belangrike werk van Forster is die feitelike verslag van sy ervarings in Indië, The Hill of Devi (1953), die teoretiese Aspects of the Novel, waarin hy onder meer die begrip intrige uitgewerk het, die bundels kortverhale The Celestial Omnibus (1914) en The Eternal Moment (1928) en die essaybundels Abinger Harvest (1936) en Two Cheers for Democracy (1915). Sy bekendste bibliografieë is Virginia Woolf (1942) en Marianne Thornton (1956).

Remove ads

Noemenswaardige werke

Romans

  • Where Angels Fear to Tread (1905)
  • The Longest Journey (1907)
  • A Room with a View (1908)
  • Howards End (1910)
  • A Passage to India (1924)
  • Maurice (geskryf in 1913–14; postuum gepubliseer in 1971)

Kortverhale

  • The Celestial Omnibus: And Other Stories (1911)
  • The Eternal Moment and Other Stories (1928)
  • Collected Short Stories (1947) 'n kombinasie van bogenoemde twee titels, wat die volgende verhale bevat:
    • "The Story of a Panic"
    • "The Other Side of the Hedge"
    • "The Celestial Omnibus"
    • "Other Kingdom"
    • "The Curate's Friend"
    • "The Road from Colonus"
    • "The Machine Stops"
    • "The Point of It"
    • "Mr Andrews"
    • "Co-ordination"
    • "The Story of the Siren"
    • "The Eternal Moment"
  • The Life to Come and Other Stories (1972) (postuum) wat die volgende verhale bevat wat geskryf is tussen omstreeks 1903 en 1960:
    • "Ansell"
    • "Albergo Empedocle"
    • "The Purple Envelope"
    • "The Helping Hand"
    • "The Rock"
    • "The Life to Come"
    • "Dr Woolacott"
    • "Arthur Snatchfold"
    • "The Obelisk"
    • "What Does It Matter? A Morality"
    • "The Classical Annex"
    • "The Torque"
    • "The Other Boat"
    • "Three Courses and a Dessert: Being a New and Gastronomic Version of the Old Game of Consequences", waarvan Forster The Second Course geskryf het (The First Course is geskryf deur Christopher Dilke, The Third Course deur A. E. Coppard en The Dessert deur James Laver).

Toneelstukke

  • Abinger Pageant (1934)
  • England's Pleasant Land (1940)

Draaiboeke

  • A Diary for Timothy (1945) (gereggiseer deur Humphrey Jennings, gesproke woord deur Michael Redgrave)

Libretto

Essaybundels en uitsendings

  • Abinger Harvest (1936)
  • Two Cheers for Democracy (1951)
  • The Prince's Tale and Other Uncollected Writings (1998)
  • Forster in Egypt: A Graeco-Alexandrian Encounter: E.M. Forster's First Interview, reds., Hilda D. Spear en Abdel-Moneim Aly (Londen, 1987)
  • The Uncollected Egyptian Essays of E. M. Forster, reds.,Hilda D. Spear en Abdel-Moneim Aly (Dundee, 1988)

Literêre kritiek

Biografieë

Reisverhale

  • Alexandria: A History and Guide (1922)
  • Pharos and Pharillon (A Novelist's Sketchbook of Alexandria Through the Ages) (1923)
  • The Hill of Devi (1953)[1]

Ander skryfwerk

  • Selected Letters (1983–85)
  • Commonplace Book (faksimilee uitgawe 1978; geredigeer deur Philip Gardner, 1985)
  • Locked Diary (2007) (word gehuisves by King's College, Cambridge)
  • Arctic Summer (romanfragment, geskryf in 1912–13, postuum gepubliseer in 2003)
  • Rooksnest (1894 en 1901), 'n beskrywing deur Forster van sy kinderjare, waarop hy Howards End gebaseer het.[2]
  • Nassenheide (1920-1929), 'n memoir van sy tyd as oppasser van Elizabeth von Arnim se kinders, veral van belang vir sy kontras met Elizabeth and Her German Garden. Gehuisves by King's College.

'n Wye verskeidenheid joernaaltydskrifte, toneelstukke en konsepwerke is geargiveer by King's College.[3]

Remove ads

Noemenswaardige rolprente en dramawerke wat gebasseer is op Forster se werke

  • The Machine Stops (1966), verwerk vir die BBC reeks Out of the Unknown
  • A Passage to India (1984), regisseer, David Lean
  • A Room with a View (1985), regisseer, James Ivory
  • Maurice (1987), regisseer, James Ivory
  • Where Angels Fear to Tread (1991), regisseer, Charles Sturridge
  • Howards End (1992), regisseer, James Ivory. Emma Thompson, Anthony Hopkins, Helena Bonham Carter en Vanessa Redgrave vertolk die hoofrolle, met James Wilby, Samuel West, Jemma Redgrave en Prunella Scales in ondersteunende rolle.
  • The Inheritance (2018), toneelstuk deur die dramaturg Matthew Lopez. Verwerking van Howards End. Forster is een van die karakters.
Remove ads

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads