Eben Etzebeth
rugby speler From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Eben Etzebeth (gebore 29 Oktober 1991, Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy het vir die Stormers in Superrugby en vir Toulon in Frankryk se Top 14 gespeel, en vanaf 2022 speel hy vir die Sharks in die Verenigde Rugbykampioenskap. Hy speel op slotposisie en is bekend vir sy harde, fisiese spel. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023.
Remove ads
Uitbeelding
Etzebeth het in 2009 aan die Hoërskool Tygerberg in die Wes-Kaap gematrikuleer.
Loopbaan
Westelike Provinsie en Stormers
Hy maak sy debuut vir die Stormers op 25 Februarie 2012 teen die Hurricanes.[1] Hy word as "Speler van die Wedstryd" aangewys tydens die Westelike Provinsie se oorwinning in die halfeindstryd om die Curriebeker in 2012. In April 2013 het hy 'n ooreenkoms onderteken wat hom tot minstens 2016 in Kaapstad sou hou.[2]
Suid-Afrika o/20
As 'n lid van die Junior Bokke (Suid-Afrikaanse o/20 span) het hy aan die IRR Juniorwêreldkampioenskap in 2011 deelgeneem.[3]
Springbokkleure
Etzebeth word die eerste keer opgeroep vir die Springbokoefengroep deur die nuwe hoofafrigter Heyneke Meyer, voor die reeks van drie toetse teen Engeland in Junie 2012.[4]
Hy maak op 9 Junie 2012 sy Springbokdebuut op slot langs mede-nuweling Juandré Kruger te Kings Park-stadion in Durban. Suid-Afrika tree as 22-17 wenners uit die stryd teen Engeland, en wen ook die laaste twee toetse.[5]
Hy lei die Springbokke op 24 Junie 2017 teen die Franse in die 3de toets en word sodoende Suid-Afrika se 59ste Springbokkaptein. Hy druk ook 'n drie in die wedstryd. Op 21 September 2024 in Argentinië ewenaar hy Victor Matfield se aantal Springboktoetse van 127.[6]
Etzebeth het op 28 September 2024 sy 128ste wedstryd vir Suid-Afrika gespeel in 'n wedstryd teen Argentinië in Nelspruit en Victor Matfield se rekord verbeter as die Springbok met die meeste toetse. Die wedstryd was 'n sukses vir die Springbokke wat met 48-7 geseëvier het, en daarmee die 2024 Rugbykampioenskap ingepalm het.
Remove ads
Toetsdrieë
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads