Edi Rama

Albanese politikus From Wikipedia, the free encyclopedia

Edi Rama
Remove ads

Edvin Kristaq "Edi" Rama (gebore 4 Julie 1964) is 'n Albanese politikus, skilder, skrywer, en voormalige basketbalspeler en is sedert 2013 die 42ste eerste minister van Albanië en sedert Januarie 2019 die minister van buitelandse sake van daardie land. Rama dien sedert 2005 ook as voorsitter van die Sosialistiese Party van Albanië.

Kitsfeite Vise, President ...

Hy het voor sy verkiesing as eerste minister verskeie ander regeringsposte beklee. Hy is in 1998 aangestel as minister van kultuur, jeug, en sport, 'n pos wat hy tot en met 2000 beklee het. Hy word in 2000 as burgemeester van Tirana verkies en word in 2003 en 2007 herverkies.

In 2013 lei hy 'n koalisie van sentraal-linkse partye tot 'n oorwinning in die parlementêre verkiesing, en klop sodoende die sentraal-regse koalisie van die Demokratiese Party van Albanië se dienende eerste minister, Sali Berisha. Rama is in die verkiesing van 2017 tot 'n tweede termyn as eerste minister verkies.

Meer inligting Politieke poste, Party-politieke poste ...
Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads