Eet

inname van voedsel om in alle organismes hul voedings- of medisinale behoeftes te voorsien From Wikipedia, the free encyclopedia

Eet
Remove ads

Eet is die proses waartydens voedsel ingeneem of genuttig word. Mense en diere moet gereeld voedsel inneem om die nodige energie en boustowwe wat lewe onderhou daaruit te kan tap. Daarteenoor hoef meeste plante nie te eet nie, omdat hulle energie van die son vir fotosintese absorbeer. Tydens fotosintese produseer hierdie plante hul eie voedsel.

Thumb
'n Groep mense wat saam eet.
Thumb
Babas tussen 8 en 12 maande begin vaste kosse eet, dis gewoonlik 'n morsige affêre.
Remove ads

Ontwikkeling van eetgewoontes by mense

Thumb
'n Maaltyd word met 'n vurk geëet in 'n restaurant
Thumb
Tradisionele manier van eet in Oesbekistan
Thumb
Meisie eet met chopsticks
Thumb
Ethiopiërs eet met hul hande

Pasgebore babas eet nie volwasse kos nie. Hulle leef slegs op borsmelk of babaformule.[1] Klein hoeveelhede pureekos word soms aan jong babas so jonk as twee of drie maande gevoer, maar die meeste babas eet nie volwasse kos voordat hulle tussen ses en agt maande oud is nie. Jong babas eet slap babakos omdat hulle min tande en onvolwasse spysverteringstelsels het. Tussen 8 en 12 maande oud verbeter die spysverteringstelsel, en baie babas begin vingerkos eet. Hul dieet is egter steeds beperk, want die meeste babas het nie kiestande op hierdie ouderdom nie, en dikwels 'n beperkte aantal snytande. Teen 18 maande het babas genoeg tande en 'n goedontwikkelde spysverteringstelsel om dieselfde kos as volwassenes te eet. Om te leer eet is 'n morsige proses vir kinders, en kinders bemeester dikwels nie netheid voordat hulle vyf jaar oud is nie.[2]

Eetposisies

Eetposisies verskil volgens die verskillende streke van die wêreld, aangesien die kultuur die manier waarop mense hul maaltye nuttig, beïnvloed. Die meeste inwoners van Midde-Oosterse lande eet terwyl hul op die vloer sit, daar word geglo dat dit gesonder is as om te eet terwyl aan tafel gesit word.[3][4]

Eet in 'n liggende posisie is deur die Antieke Grieke verkies tydens 'n viering wat hulle 'n simposium genoem het, en hierdie gebruik is deur die Antieke Romeine aangeneem.[5] Antieke Hebreërs het ook hierdie houding aangeneem vir tradisionele vieringe van Pasga.[6]

Spysvertering

Voedsel word deur die mond die liggaam ingeneem en deur die slukderm na die maag vir vertering gevoer. Tande in die mond word gebruik om die kos fyn te maal voordat dit gesluk word. Die proses van eet word gewoonlik deur 'n gevoel van honger voorafgegaan.

Dit neem ongeveer 20 minute vir die maag om die "tevrede gevoel" na die brein oor te dra.[7] Dan verdwyn die gevoel van honger of eetlus omdat daar 'n voldoende energie-inname bereik is.

Remove ads

Diere se dieet

Omdat diere van eksterne voedselbronne afhanklik is, eet hulle plante of ander diere. Diere wat plante eet word herbivore genoem, terwyl diere wat ander diere eet karnivore genoem word. Diere wat beide plante en ander diere verorber word omnivore genoem.

Baie mense kan egter nie genoeg eet nie, wat tot oorgewig en vetsug aanleiding gee. Die eet van ongesonde kosse kan weer tot gesondheidsprobleme of selfs vetsug lei. Dit is belangrik om 'n gesonde dieet te handhaaf deur genoeg groente en vrugte in te neem.

Remove ads

Maaltye

Etes word gewoonlik in drie kleiner maaltye per dag verdeel. Eetgerei soos 'n lepel, mes en vurk word gewoonlik ingespan om die kos op te skep, te sny of op te lig. (NB: dit geld vir die sg. beskaafde of Westerse gebruik) In tradisioneel ouer beskawings, bv. in Midde-Afrika, word kos met die hand geëet en word hierdie implemente nie gebruik nie.

Ontbyt

Ontbyt of oggendete is die belangrikste maaltyd van die dag en behoort nooit oorgeslaan te word nie. Dit word genuttig nadat 'n persoon opgestaan het, maar voordat hy of sy met die dagtake begin. Ontbyt kan wissel van graankosse, met miskien vars vrugtesap, tot groter etes met spek, eiers, tamatie en roosterbrood.

Halfpad deur die oggend en middag word die werksritme dikwels onderbreek deur 'n kort pouse waartydens koffie of tee gedrink word en dikwels 'n peuselhappie geëet word.

Middagete

Middagete word gewoonlik tussen 12:00 en 14:00 genuttig. Baie mense gryp net vinnig iets vir middagete voordat hulle met hulle dagtake voortgaan. In sommige lande, soos Spanje, rus mense eers na middagete deur 'n ligte slapie of siësta te neem.

Aandete

Aandete is die laaste maaltyd van die dag en word gewoonlik tussen 17:00 en 19:00 genuttig. Aandete is meestal 'n warm maaltyd met 'n vleisgereg, groente en stysel soos rys of aartappels. Sommige mense eet eerder groter middagetes en neem dat net iets ligs vir aandete.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads