Voedsel

From Wikipedia, the free encyclopedia

Voedsel
Remove ads

Voedsel, ook bekend as kos, is enigiets wat grotendeels uit organiese stowwe soos koolhidrate, vette, proteïene en ook water bestaan, en wat deur lewende wesens opgeneem kan word vir die voedingswaarde daarvan, sowel as vir die plesier daarvan. Dit kan òf gaargemaak, òf rou geëet word.

Thumb
'n Verskeidenheid soorte kos.

Gaargemaakte voedsel

Rou voedsel

Oorskietvoedsel

Daar word na die oorgeblewe voedsel van 'n maaltyd verwys as "oorskietkos" of "oorskietvoedsel". In die meeste kulture word oorskietkos by nuwe maaltye geïntegreer: dit is egter belangrik om oorskietkos binne 'n dag of twee te gebruik (afhangende van die voedsel) om voedselvergifting deur afbraakbakterieë te voorkom.

Oorskietkos kom ook in restaurante voor, waar dit óf deur die restaurant weggegooi word, óf deur die kliënt na sy huis geneem word. Die oorskiet word dan in 'n "woefkardoes", "brakkiesakkie" of "brakkiepakkie" verpak (al drie terme is afkomstig van die Engelse "doggy bag"). Die naam is 'n eufemisme: die oorskiet word dikwels deur die kliënt tuis genuttig en minder dikwels deur dié se troeteldier. Dié verskynsel is egter nie in alle lande 'n gewoonte nie.

Sommige kulture beskou dit as 'n simbool van tevredenheid met die dis wanneer 'n klein stukkie onaangeraakte kos op die bord gelos word, terwyl ander hierdie houding as onbeskof beskou. In sommige kulture is dit ook goeie maniere om 'n halfgebyte stukkie op die bord te los. Hierdie stukkie word nie as oorskiet beskryf nie, omdat dit nie geëet sal word nie.

Sien ook

Bronnelys

  • Hawkins, Mike: 'n Stille omwenteling. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 34, nr. 8, September 1989. ISSN 0491-4783
  • Strydom, Dawie: Uit die veld se spens - om te eet of nie te eet nie. In: Conserva. Departement van Omgewingsake. Deel 8, nr. 5, September/Oktober 1993. ISSN 0258-3313

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads