Estlanders

From Wikipedia, the free encyclopedia

Estlanders
Remove ads

Die Estlanders (Estnies: eestlased) of Este is 'n Fins-Oegriese nasie en etniese groep inheems aan Estland wat 'n gemeenskaplike Estniese afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Estnies as moedertaal praat. Alternatiewelik is Estlanders diegene wat in Estland woon of in Estland gebore is.

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Estnies.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Thumb
Estniese kleredrag in 1936: 1. Kadrina 2. Mihkli 3. Seto 4. Paistu
Thumb
Estniese kleredrag in 1936: 5. Muhu 6. Karja 7. Tõstamaa 8. Pärnu-Jaagupi

Estlanders vorm die titulêre nasie van Estland, waar hulle sowat 69% van dié land se bevolking uitmaak. Naas Estlanders leef nog minderhede soos Russe (25%), Oekraïners (1,7%) en Wit-Russe (0,9%) in Estland; 'n historiese minderheid vorm die Baltiese Duitsers wat na die Tweede Wêreldoorlog veral in Duitsland gevestig het. Behalwe vir Estland kom Estniese minderhede nog in Europese lande soos Finland (0,8%) en Swede voor, maar verreweg die meeste Estlanders woon in Estland.

Wêreldwyd leef sowat 1 miljoen Estlanders, waarvan 907 937 in Estland, 50 367 in Finland, 25 509 in Swede, 24 694 in die Verenigde State en tussen 23 180 en 50 000 in Kanada. Daarbenewens het Estlanders nog in lande soos Rusland (17 875), die Verenigde Koninkryk (14 000) en Frankryk (12 590) gevestig.

In teenstelling met die ander inheemse etniese groepe van die Baltiese lande (Letlanders en Litauers) wat tot die Baltiese volke behoort en Baltiese tale praat, behoort die Estlanders saam met Finne en Hongare tot die Fins-Oegriese volke. Die meeste Estlanders is ongebonde (71%), gevolg deur Lutheranisme (13%) en die Oosters-Ortodokse Kerk (13%).

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads