Finne

From Wikipedia, the free encyclopedia

Finne
Remove ads

Die Finne (Fins: suomalaiset, Sweeds: finnar) is 'n Fins-Oegriese nasie en etniese groep inheems aan Finland wat 'n gemeenskaplike Finse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Fins of Sweeds as moedertaal praat. Alternatiewelik is Finne diegene wat in Finland woon of in Finland gebore is.

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Fins.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Thumb
Die Finse Maagd (Suomi-neito) word beskou as nasionale personifikasie van Finland. Finse poskaart van 1906, elf jaar voordat Finland van Rusland onafhanklik geword het.

Finne vorm die titulêre nasie van Finland, waar hulle sowat 89% van dié land se bevolking uitmaak. Naas Finne leef nog klein minderhede soos Swede (5,3%), Russe (1,3%) en Estlanders (0,8%) in Finland. Behalwe vir Finland kom Finse minderhede nog in Europese lande soos Swede (4,5%) en Rusland (0,03%) voor.

Wêreldwyd leef sowat 7 miljoen Finne, waarvan tussen 4,87 en 5,1 miljoen in Finland, 636 587 in die Verenigde State, 265 215 in Kanada, tussen 156 045 en 712 000 in Swede en tussen 34 300 en 127 600 in Rusland. Daarbenewens het Finne nog in lande soos Brasilië (98 000) en Australië (30 359) gevestig.

In teenstelling met die ander inheemse etniese groepe van Skandinawië (Dene, Faroërs, Noorweërs, Swede en Yslanders) wat tot die Germaanse volke behoort en Noord-Germaanse tale praat, behoort die Finne saam met Estlanders en Hongare tot die Fins-Oegriese volke. Die meeste Finne is aanhangers van die Lutheranisme (~4 miljoen), gevolg deur die Fins-Ortodokse Kerk (58 000), Neopaganisme of Suomenusko en die Rooms-Katolieke Kerk (9 000).

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads