Bosveldboekenhout

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bosveldboekenhout
Remove ads

Die Bosveldboekenhout (Faurea saligna) is 'n boom wat inheems is in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes. Buite Suid-Afrika is dit inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Soedan, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

In Limpopo groei dit teen rotsagtige hellings en langs rivieroewers in die ander twee provinsies. Die boom is klein tot middelgroot en lyk baie soos 'n bloekomboom. Die jong blare en blaarstele is pienk. Die blomme is groenerig tot romerig wit en ruik na heuning. Die blomme en vrugte word in dun katjies van omtrent 12 cm gedra. Die hout het 'n liggelerige rooi kleur met 'n pragtige kantagtige patroon. Die boom se FSA-nommer is 75.[1]

Remove ads

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads