Fluitjiesriet

plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Fluitjiesriet
Remove ads

Fluitjiesriet (Phragmites australis) is 'n plant wat aan die hele kuslyn en ook in die binneland van Suid-Afrika voorkom. Dit is inheems aan Suid-Afrika en kom in al die provinsies voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.[2]

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...

Dit groei in riviermondings, soutmoerasse en moerasland. Die plant is houtagtig met 'n hol stam en het lang, plat blare soos lanse. Die blomme is gerangskik in taankleurige are met klossies syagtige hare. Die blomme word tussen Desember en Junie gedra. Die plant versprei deur ondergrondse stingels; die polle kan ook verdeel word.

Die spesie kom wydverspreid oor die wêreld voor, behalwe byvoorbeeld in die Amasonebekken. In Noord-Amerika kom oorspronklik die subspesie P. a. americanus voor wat net as enkele plant tussen ander plante groei. Die Europese subspesie P. a. australis wat ook aan Suid-Afrika inheems is, is daar in die vroeë 1800's ingevoer. Dit vorm geslote rietbeddings, domineer die hele gebied en verdring inheemse plante. Hierdie subspesie word daarom as indringerplant bestry.[3]

Die plant is meerjarig, kan 3,6 m hoog word en groei vinnig. Die blomme is tweeslagtig en word deur die wind bestuif. Die plant is eetbaar vir mense. Die wortelstokke kan soos aartappel gekook word, maar hulle is soet en kan tot 5% suiker bevat. Die jong skeute is die lekkerste. In Rusland word fluitjiesriet geoes en tot setmeel verwerk.[4]

Remove ads

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads