Fly

From Wikipedia, the free encyclopedia

Fly
Remove ads

Die Fly (Engels: Fly River, Tok Pisin: wara Flai) is met 'n lengte van 1 100 km (700 myl) een van die langste riviere op die eiland Nieu-Guinee, van die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee, asook van die kontinent Oseanië.

Thumb
Die Fly in Papoea-Nieu-Guinee
Kitsfeite

Die Fly ontspring in die Viktor Emmanuel-bergreeks in Sentraal-Nieu-Guinee, net suid van die Sepik se bron in die Westelike provinsie van Papoea-Nieu-Guinee. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidwestelike rigting en raak die grens tot Indonesië. Vanaf hier vloei die Fly in 'n suidoostelike rigting en mond by Daru in 'n wye delta in die Koraalsee uit.[1]

Die Fly se omgewing is gekenmerk deur moerasse, reënwoud en berge. Dié rivier se delta is in 1842 deur die Brit Francis P. Blackwood vir Europa ontdek en ná sy skip, die HMS Fly genoem.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads