Frans-Duitse Oorlog

From Wikipedia, the free encyclopedia

Frans-Duitse Oorlog
Remove ads

Die Frans-Duitse of Frans-Pruisiese Oorlog (Duits: Deutsch-Französischer Krieg, Frans: Guerre franco-allemande, 19 Julie 1870 - 10 Mei 1871) was 'n oorlog tussen Frankryk en die Duitse state onder leiding van Pruise.

Kitsfeite Datum, Ligging ...

Tot en met 1870 was Frankryk die sterkste nasie op die Europese vasteland. Die Franse regering was bekommerd oor die snel groeiende Pruisies-Duitse mag en die Minister-President van Pruise, Otto von Bismarck, wou dat Pruise Frankryk se plek bo-aan die magsleer oorneem.

Die oorlog het deel gevorm van Bismarck se Realpolitik: hy het die ideaal van 'n verenigde Duitse Ryk gekoester wat die uitskakeling van Frankryk en Oostenryk ingesluit het. Die Pruisies-Oostenrykse Oorlog was in 1866 reeds in die Pruise se voordeel voltrek en daar was verwag dat dieselfde sukses ook teenoor Frankryk behaal sou word.

Die direkte aanleiding na die oorlog was die Franse verset teen die aanstaande koning van Spanje: die Duitse prins, Leopold van Hohenzollern. Indien die prins die troon van Spanje sou bestyg, sou Frankryk in die Suide en in die Noordooste deur Van Hohenzollerns begrens word. Frankryk het geëis dat die Pruisiese koning, Wilhelm I, sy steun vir die Pruisiese Prins terugtrek, sodat Spanje nie in Franse hande sou val nie. Wilhelm I het oorspronklik ingestem, maar na Napoleon III 'n afgevaardige, Graaf Benedetti, na hom toe gestuur het om te eis dat hy nie op sy woord sal teruggaan nie, het Wilhelm I geweier. Wilhelm (op daardie oomblik in die dorp Bad Ems) verklaar sy weiering deur op 13 Julie 1870 'n telegram na Bismarck te stuur. Koning Wilhelm het Bismarck toestemming gegee om die inhoud van die telegram aan die pers te versprei, maar Bismarck het die inhoud van die telegram gewysig om die Pruise se onwilligheid te beklemtoon voor hy dit aan die pers beskikbaar gestel het. Die gevolg was die verklaring van oorlog deur Frankryk teen Pruise: Bismarck se plan was geslaag: Pruise was nou in oorlog met Frankryk sonder dat Pruise die aanvallende party was.

Die oorweldigende mag van die Duitse magte was gou duidelik, deels te danke aan bekwame gebruik van spoorweë en die innoverende Krupp-artillerie. 'n Reeks snelle Duitse oorwinnings in Oos-Frankryk het 'n klimaks bereik in die Slag van Sedan, waar Napoleon III saam met sy hele leër gevange geneem is op 2 September 1870. Dit het egter nie 'n einde aan die oorlog gebring nie en die Franse Derde Republiek was op 4 September 1870 verklaar. Die Franse versetting is voortgesit onder leiding van Le Gouvernement de la Défense Nationale ("Regering van Nasionale Verdediging") en later Adolphe Thiers.

Na 'n vyf-maand-lange veldtog het die Duitse troepe die nuut gewerwe Franse troepe verslaan in 'n reeks veldslae wat in die noorde van Frankryk plaasgevind het. Op 18 Januarie 1871 is die Pruisiese koning Wilhelm I in die kasteel van Versailles tot keiser van die Duitse Keiserryk verklaar. Na 'n verlengde belegering is die Franse hoofstad, Parys, op 28 Januarie 1871, deur die Duitsers ingeneem. Tien dae vroeër het die Duitse state hul vereniging onder die Pruisiese Koning aangekondig en is die Duitse Keiserryk gevorm. Die finale Vredesverdrag van Frankfurt is op 10 Mei 1871 in die Hotel zum Schwan onderteken.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads