Freyr

From Wikipedia, the free encyclopedia

Freyr
Remove ads

Freyr of Frey (Oudnoors vir "meester) is een van die bekendste gode in die Noorse mitologie. Hy word verbind met heilige koningskap, vrugbaarheid, vrede, vooruitgang en viriliteit, met sonskyn en mooi weer, en met 'n goeie oes. Freyr, soms Yngvi-Freyr genoem, is veral met Swede verbind en beskou as 'n voorouer van die Sweedse koningshuis. Hy is ook verbind met plesier, en 'n fallusstandbeeld van hom is in die tempel by Uppsala opgerig.

Thumb
Die geveg tussen Freyr en Surtr, deur Lorenz Frølich.
Thumb
'n Beeld uit die Wikingtydperk wat in 1904 in Swede ontdek is en vermoedelik die god Freyr uitbeeld.[1]
Remove ads

Mites

In die mitologiese stories in die Yslandse boeke Poëtiese Edda en Prosaïese Edda is Freyr een van die Wane, die seun van die god Njord en sy suster-vrou, en die tweelingbroer van die godin Freyja.

Die gode het vir hom Alfheimer (Álfheimr), die ryk van die elwe, present gegee toe hy tande kry. Hy ry op die wildevark Gullinbursti, wat deur dwerge gemaak is, en besit die skip Skidbladnir (Skíðblaðnir), wat altyd 'n goeie wind kry en wat opgevou en in jou sak gebêre kan word as dit nie gebruik word nie. Freyr is ook al met die perdekultuur vereenselwig. Hy het heilige perde aangehou in sy heiligdom by Trondheim in Noorweë.[2]

Die langste bekende mite oor Freyr handel oor hom toe hy verlief geraak het op die trol Gerd. Sy word eindelik sy vrou, maar eers moet Freyr sy swaard weggee wat self veg as dit deur 'n wyse persoon gebruik word. Sonder sy swaard sal hy eindelik deur die vuurreus Surtr doodgemaak word in die Ragnarök.

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads