Surtr

From Wikipedia, the free encyclopedia

Surtr
Remove ads

Surtr of Surt (Yslands: Surtur) is 'n reus in die Noorse mitologie.[1] Hy word genoem in die Poëtiese Edda, wat in die 13de eeu saamgestel is uit vroeëre tradisies, en die Prosaïese Edda, wat in die 13de eeu geskryf is. In albei bronne word voorspel Surtr sal een van die beslissende magte van die Ragnarök wees. Met sy vlammende swaard sal hy teen die Ase veg, veral teen die god Freyr, en vlamme voortbring wat die wêreld sal verswelg.

Thumb
Die reus met die vlammende swaard (1909), deur John Charles Dollman.

In 'n boek van die Prosaïese Edda word bykomende inligting oor hom gegee, insluitende dat hy die vuurryk Muspell bewaak, die "seuns van Muspell" na Ragnarök sal lei en Freyr sal doodmaak.

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads