Gambië

From Wikipedia, the free encyclopedia

Gambië
Remove ads

Gambië (Engels: The Gambia), amptelik die Republiek Gambië (Republic of The Gambia), is 'n land in Wes-Afrika wat heeltemal omring word deur Senegal, behalwe vir die monding van die Gambiërivier na die Noord-Atlantiese Oseaan.

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van Gambië
Thumb
Kaart van Gambië
Kitsfeite

Gambië is 'n voormalige Britse kolonie en het sy onafhanklikheid verkry in 1965. Die hoofstad is Banjul (voorheen Bathurst) en die grootste nedersetting is Serrekunda. In 2013 het die land 'n bevolking van 1 882 450 gehad. Islam is die oorheersende geloof, gevolg deur ongeveer 90 persent van die land se bevolking. Gambië is met 'n oppervlakte van 10 689 km² die kleinste land op die vasteland van Afrika.

Gambië is een van net twee lande waarvan die algemene Engelse naam met 'n lidwoord begin, die ander is die Bahamas (The Bahamas).[3]

Remove ads

Magswisseling

President Yahya Jammeh het op 21 Januarie 2017, nadat hy 22 jaar lank die mag oor die land uitgeoefen het, die land verlaat om in Ekwatoriaal-Guinee in ballingskap te gaan.

Die nuwe president Barrow het hom in die verkiesings van Desember 2016 verslaan, maar Yahya het aanvanklik geweier om die mag oor te dra. Die ECOWAS-lande het egter die land binnegeval en Yahya het besluit om te vertrek.[4]

Sport

In krieket het Gambië in die verlede saam met Ghana, Nigerië en Sierra Leone spelers vir die Wes-Afrikaanse krieketspan beskikbaar gestel. Sedert 2002 word die land deur sy eie nasionale span verteenwoordig, maar kon nog nie vir 'n internasionale kriekettoernooi kwalifiseer nie.

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads