Geleedpotiges

From Wikipedia, the free encyclopedia

Geleedpotiges
Remove ads

Die geleedpotiges of artropodes (filum of superfilum Arthropoda) is 'n groot groep ongewerweldes (diere sonder 'n ruggraat).[1] Diere soos insekte, spinnekopagtiges (spinnekoppe), skaaldiere (krappe en krewe), garnale en veelpotiges (duisendpote) is almal geleedpotiges. Geleedpotiges het gelede pote, 'n gesegmenteerde liggaam en 'n eksoskelet (harde dop om die liggaam).[1]

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Klasse ...

Geleedpotiges het verreweg die grootste aantal spesies van enige groep diere,[1] en moontlik ook van enige filum van enige lewende organismes op aarde. 'n Enkele orde van insekte – die kewers – oortref byvoorbeeld al die ander in die aantal spesies.

Sommige geleedpotiges, veral die insekte, lewe op land. Hulle harde eksoskelette beskerm hulle teen uitdroging. Hulle is ook die eerste filum wat ware vlug bemeester het.

Die skaaldiere (Crustacea) is ook 'n klas van die Arthropoda, maar lewe meestal in die water of is van klam toestande afhanklik vir oorlewing.

Geleedpotiges is 'n bron van voedsel vir baie diere, insluitend die mens.

Remove ads

Fotogalery

Verwysings

Bron

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads