Gemini 8

Ruimtetuig From Wikipedia, the free encyclopedia

Gemini 8
Remove ads

Gemini 8 (amptelik Gemini VIII)[1] was die sesde bemande ruimtevlug van NASA se Gemini-program. Dit is op 16 Maart 1966 gelanseer en was die 14de bemande Amerikaanse ruimtevlug en die 22ste bemande ruimtevlug van alle tye. [nota 1] Tydens dié sending is daar vir die eerste keer met 'n ander ruimtetuig gedok terwyl altwee ruimtetuie in 'n wentelbaan was. Dit is ook die eerste Amerikaanse ruimtesending wat 'n kritiese faling in die ruimte ondervind het en die bemanning se lewe in gevaar gestel het. Die sending moes derhalwe verkort word as gevolg daarvan, maar die bemanning het die aarde veilig bereik.

Thumb
Gemini besig om te dok met die Agena

Die bemanning was Neil Armstrong (bevelvoerder) en David Scott. Dit was die eerste keer dat gewone Amerikaanse burgers (nie-militêre personeel) in 'n wentelbaan om die aarde geplaas is.

Armstrong het sy kommissie in die Amerikaanse Reserwevlootmag in 1960 bedank. Sy vlug was die tweede keer dat 'n Amerikaanse burger die ruimte in gevlieg het (na Joe Walker op X-15 Vlug 90),[2][3][a] en die eerste keer dat 'n Amerikaanse burger in 'n wentelbaan gevlieg het.

Remove ads

Bemanning

Meer inligting Posisie, Ruimteman ...

Notas

  1. Hierdie syfer sluit twee vlugte van die X-15, wat hoër as die Kármán-lyn gevlieg het, in.
  1. Die Sowjetunie het die eerste burgerlike, Walentina Teresjkowa (ook die eerste vrou), met Wostok 6 op 16 Junie 1963 die ruimte in gelanseer.[4]

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads