Gemini-program

From Wikipedia, the free encyclopedia

Gemini-program
Remove ads

Die Gemini-program was Nasa se tweede bemande ruimtevlugprogram. Dit het die Mercury-program opgevolg en is op sy beurt deur die Apollo-program opgevolg. Dit het in 1961 begin en het in 1966 tot 'n einde gekom. Die Gemini-ruimtetuie het 'n bemanning van twee gehad. Tien Gemini-bemannings het lae-wentelbaan missies om die aarde tussen 1965 en 1966 voltooi. Dit het verseker dat Amerika die leiding in die ruimtewedloop geneem het.

Hierdie artikel handel oor die Gemini ruimtevlugprogram. Vir ander gebruike, sien Gemini.
Thumb
'n Illustrasie van die Gemini ruimtetuig

Die doelwit van die program was om tegnieke vir ruimtevaart te ontwikkel om sodoende 'n persoon op die maan te plaas. Die missies was net so lank soos reise na die maan en hulle het ook ruimtewandelings en werkstegnieke in die ruimte vervolmaak. Ook die tegnieke om ruimtetuie in die ruimte te stuur, wentelbane te verander en om ruimtetuie te dok is vervolmaak. Nadat hierdie tegnieke ontwikkel is kon die Apollo-program voortgaan om mense op die maan te plaas.

Gemini 1 en Gemini 2 was twee onbemande vlugte.

Remove ads

Ruimtevaarders

Meer inligting Groep, Ruimteman ...
Remove ads

Notas

  1. Armstrong tree uit die diens van die Amerikaanse Vloot in 1960.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads