Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu

From Wikipedia, the free encyclopedia

Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu
Remove ads

Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu (14 Julie 1948 te Nongoma12 Maart 2021) was koning van die Zoeloenasie.

Kitsfeite Dinastie, Bewind ...

Hy het sy vader, koning Cyprian Bhekuzulu kaSolomon, in 1968 opgevolg. Prins Israel Mcwayizeni KaSolomon het van 1968 tot 1971 as heerser waargeneem terwyl Zwelithini op Sint Helena geskuil het om 'n aanslag op sy lewe te voorkom. Na sy 21ste verjaarsdag en troue, is Zwelithini gekroon as die agtste monarg van die Zoeloes tydens 'n tradisionele seremonie. Dit is op 3 Desember 1971 in Nongoma gehou waar 20 000 mense die seremonie bygewoon het.

Koning Zwelithini sterf op 12 Maart 2021 nadat hy in 'n hospitaal opgeneem is vir diabetes-verwante komplikasies.[1][2][3] Gedurende voorbereidings vir sy begrafnis, het die koning se tradisionele eerste minister, Mangosuthu Buthelezi, aangekondig dat Zwelithini aan Covis-19 oorlede is.[4][5]

Hy is op 7 Mei 2021 deur sy oudste seun Misuzulu Zulu opgevolg.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads