Google Chrome

From Wikipedia, the free encyclopedia

Google Chrome
Remove ads

Google Chrome is 'n oopbron webblaaier wat deur Google ontwikkel word en ten doel het om 'n veiliger, vinniger, en meer gebruikersvriendelike webblaaier daar te stel wat gevorderde webtoepassings kan ondersteun.

Kitsfeite Ontwikkelaar, Bedryfstelsel ...

Google Chrome maak van die WebKit-vertoonenjin gebruik. Dit maak ook deels gebruik van ander oopbrontegnologieë, veral dié van Mozilla. Google Chrome is gebaseer op Chromium, een van Google se oopbronprojekte.[1]

Remove ads

Geskiedenis

Die nuus oor Google Chrome het bekend geword nadat die maatskappy per abuis inligting daaroor op hulle webjoernaal gepos het. Google het kort daarna 'n wêreldwye betaprogram, op 2 September 2008, van stapel gestuur.[2]

Google Chrome is aanvanklik net vir Microsoft Windows beskikbaar gestel. Weergawes vir Linux en Mac OS X is wel later beskikbaar gestel.

Die webblaaier beskik nie oor 'n Afrikaanse speltoetser (soos by Firefox) nie, alhoewel 'n versoek daarvoor ingedien is.[3]

Remove ads

Eienskappe

Van Google Crome se eienskappe sluit in:

  • Outomatiese aanvulling van webadresse,
  • 'n Heelnuwe JavaScript-enjin.
  • Gevorderde moontlikhede m.b.t. webtoepassings
  • Phishing- en malwarefilter (maak van die Google "Safe Browsing API" gebruik)
  • Integrasie met Google Gears.
  • Elke oortjie en inprop word in 'n eie proses uitgevoer (dit help met stabiliteit en voorkom dat te veel geheue gebruik word).
  • 'n Privaatmodus[4]
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads