Multinasionale Amerikaanse onderneming From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Google LLC (NASDAQ: GOOG) is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins (waarvan die bekendste die onderneming se naam dra), wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak».[5]
- Hierdie artikel handel oor die Amerikaanse maatskappy. Vir die soekenjin, sien gerus Google-soekenjin.

Google is in September 1998 deur Larry Page en Sergey Brin, twee Ph.D.-studente aan die Kaliforniese Stanford-universiteit, in die motorhuis van 'n vriend gestig. Die onderneming se hoofkantoor, Googleplex, is in Mountain View, Kalifornië geleë. Die maatskappy het op 19 Augustus 2004 op die Amerikaanse beurs genoteer.
Remove ads
Die naam Google
Die woord "google" is 'n afgelei van "googol". Googol is 'n sinoniem vir 'n 1 met honderd nulle.
Oorspronklik sou Google as "Googol" bekend gestaan het, maar as gevolg van 'n spelfout deur een van die stigters word dit later Google. 'n Ander moontlike rede is dat die domeinnaam googol.com toe reeds beset was.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads