Groottand-botvis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Groottand-botvis (Pseudorhombus arsius) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Largetooth flounder.
Remove ads
Voorkoms
Die lyf is plat, ovaal en die oë is naby mekaar. Die dorsale vin is lank, dit begin by die snoet en strek tot by die basis van die stertvin. Die stertvin is wigvormig. Die oogkant (bokant) is bruinerig gevlek met 'n swart kol waar die sylyn begin. Die vis word tot 44 cm groot.
Habitat
Die onvolwasse vis leef in riviermondings en eet skaaldiere. Die volwasse visse leef op sanderige bodems in water wat tot 100 m diep is en eet vis, garnale, krappe en wurms.
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
