Guildford
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Guildford (Engels: [ˈɡɪlfɘ(r)d]) is die graafskaphoofstad (Engels: county town) van Surrey wat in die suide van Engeland geleë is. Volgens die 2001-sensus het die stad 'n bevolking van 66 773 gehad.

Guildford lê in 'n vallei van die Weyrivier waar die rivier deur 'n kloof in die North Downs vloei. Die stad is ongeveer 45 km van Londen af en deesdae is die suidwestelike hoek van die statistiese streek vir Greater London. Sedert die middeleeue het die hoofpad tussen Londen en Portsmouth deur hierdie kloof gegaan met die gevolg dat die stad een van Londen se verdedigingposte was en 'n kasteel is ook hier gebou.[1] Gedurende die Victoriaanse tydperk, met die bou van die Londen–Portsmouth en die Reading–Ashford, Kent-spoorweë deur die kloof het Guildford 'n groot spoorwegaansluiting geword.
Guildford was een van die Engelse gasheerstede tydens beide die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 en die Vrouerugbywêreldbeker 2010.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads

