Guy Butler
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Guy Butler (1918–2001) was ’n Suid-Afrikaanse digter, dramaturg en akademikus. Sy dramas sluit in The Dam, Take Root or Die en Cape Charade. Onder sy digbundels tel Stranger to Europe, South of the Zambezi en Songs and Ballads. Hy is ook bekend vir sy driedelige outobiografie: Karoo Morning, Bursting World en A Local Habitation.[1]
Remove ads
Lewensloop

Guy Butler is op 21 Januarie 1918 in Cradock gebore. In 1938 verwerf hy 'n MA-graad aan die Rhodes-universiteitskollege in Grahamstad. Hy trou in 1940 met Jean Satchwell en verlaat Suid-Afrika om in die Tweede Wêreldoorlog te veg. Ná die oorlog studeer hy aan die Universiteit van Oxford, vanwaar hy in 1947 gradueer.
Met sy terugkeer na Suid-Afrika doseer hy Engels aan die Universiteit van die Witwatersrand. In 1951 keer hy as 'n senior lektor na Rhodes-universiteit terug. 'n Jaar later word hy 'n professor en die hoof van die Engelse departement. Hy het tot sy aftrede in 1987 daar gewerk, waarna hy as emeritus professor en ere-navorsingsgenoot aangestel is. Hy het eredoktorsgrade van die Universiteit van Natal, die Universiteit van die Witwatersrand en die Rhodes-universiteit ontvang. Hy het die Amazwi Suid-Afrikaanse Literatuur Museum in 1972 gestig.
Butler is in 26 April 2001 in Grahamstad oorlede.[2] Die hoofteater van die Nasionale 1820-Setlaarsmonument in Grahamstad is na hom genoem.[3] So ook die universiteitskoshuis Guy Butler House.[4]
Remove ads
Bibliografie
Dramas
- The Dam
- The Dove Returns
- Demea: A Play. New Africa Books. 1990. ISBN 978-0-86486-169-6.
{{cite book}}: Ongeldige|ref=harv(hulp) - Richard Gush of Salem. M. Miller. 1982. ISBN 978-0-623-01385-4.
{{cite book}}: Ongeldige|ref=harv(hulp) - Take Root Or Die. A. A. Balkema. 1970.
{{cite book}}: Ongeldige|ref=harv(hulp) - Cape Charade
- Kaatjie Kekkelbek
Digbundels
- Stranger to Europe
- South of the Zambezi
- Selected Poems. Ad. Donker. 1989. ISBN 978-0-86852-105-3.
{{cite book}}: Ongeldige|ref=harv(hulp) - Songs and Ballads
- Oxford Book of South African Verse (1959)
- Collected Poems. David Philip Publishers. 1999. ISBN 978-0-86486-439-0.
{{cite book}}: Ongeldige|ref=harv(hulp)
Outobiografiese werke
- Karoo Morning: An Autobiography (1918–35). D. Philip. 1981. ISBN 978-0-908396-53-5.
{{cite book}}: Ongeldige|ref=harv(hulp) - Bursting World
- A Local Habitation: An Autobiography, 1945–90. New Africa Books. 1991. ISBN 978-0-86486-180-1.
{{cite book}}: Ongeldige|ref=harv(hulp)
Ander werke
- Essays and Lectures, 1949–1991. David Philip. 1994. ISBN 978-0-86486-255-6.
{{cite book}}: Ongeldige|ref=harv(hulp) - "English and the English in the New South Africa". English Academy Review. 3 (1): 163–176. 1985. doi:10.1080/10131758585310141. ISSN 1013-1752.
Remove ads
Sien ook
- Charles Butler, sy oupa James Butler se broer
- Lys van bekende Suid-Afrikaners
- Lys van Suid-Afrikaanse digters
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
