Hawermelk

soort van plantmelk From Wikipedia, the free encyclopedia

Hawermelk
Remove ads

Hawermelk is 'n plantmelk afkomstig van volgraan-hawer (Avena sativa) -korrels[1] deur die plantmateriaal met water te onttrek.[2] Hawermelk het 'n romerige tekstuur en ligte hawermout-agtige geur,[3] en word in verskeie geure vervaardig, soos versoet, onversoet, vanielje, en sjokolade.

Thumb
Hawermelk.

Anders as ander plantmelke wat so vroeg as die 13de eeu ontstaan het,[4] is hawermelk in die 1990's deur die Sweedse wetenskaplike Rickard Öste ontwikkel.[5][6] Oor 2017–2019 het hawermelkverkope in die Verenigde State 10 voudig toegeneem,[3] en een groot vervaardiger, Oatly, het 'n drievoudige toename in wêreldwye verkope gerapporteer.[7] Teen laat 2020 het die hawermelkmark die tweede grootste onder plantmelk in die Verenigde State geword, na die leier, amandelmelk, en die verkope van sojamelk oorskry.[8][9]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads