High-Definition Multimedia Interface

From Wikipedia, the free encyclopedia

High-Definition Multimedia Interface
Remove ads

High-Definition Multimedia Interface (HDMI) is 'n koppelvlak wat sedert 2003 vir moderne, digitale multimedia-toepassings ontwikkel is en wat baie hoë oordragsnelhede kan hanteer, soos digitale televisie, HDTV, Blu-ray, HD-DVD en omringklankformate met hoë resolusie.

Die amptelike HDMI-kenteken
Thumb
'n HDMI-kabel

Ná die implementering van 'n kopieerbeskerming (High-bandwidth Digital Content Protection, HDCP) is die HDMI-aansluiting as die nuwe standaard vir elektroniese oudio- en video-verbruikersware ingevoer. Dit kan beeld en oudio gelyktydig verwerk en sal mettertyd ouer standaarde soos die SCART-, RCA-Cinch- en YUV-koppelvlakke vervang. Die huidige HDMI-weergawe is 2.0a.

Remove ads

Aanpasbaarheid

Danksy die hoë bandwydte kan die HDMI-koppelvlak alle huidige digitale formate verwerk. Oudio-frekwensies van 192 kHz en 24 bis woordlengte, soos dié van DVD-Oudio, Blu-ray en HD-DVD, kan met HDMI op maksimaal 8 of 32 kanale digitaal verwerk word, net soos hoëresolusie-video-gegewens van Blu-ray, HD-DVD en HDTV. HDMI handhaaf 'n video-bandwydte van maksimaal 600 MHz en is ook geskik vir die hoogste resolusies van 1080, 1440 en 2160 beeldlyne met progressiewe verwerking.

Remove ads

HDMI-standaarde

Meer inligting Nuwe klassifikasie, Vroeëre klassifikasie ...
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads