Highveld

From Wikipedia, the free encyclopedia

Highveldmap
Remove ads

Highveld is 'n voorstad in Centurion, Suid-Afrika. Dit is 'n relatief jong buurt en is in 1995 op grond wat vantevore aan Denel behoort het ontwikkel. Dit is in verskeie uitbreidings verdeel. Uitbreiding 7 is byvoorbeeld die Centurion-gholflandgoed.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Remove ads

Vervoer

Highveld is sentraal tussen Pretoria en Midrand geleë en bied vinnige toegang tot die N1 nasionale pad en die Ben Schoeman-hoofweg. Die R21-hoofweg na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe kan via Nellmapius-rylaan bereik word.

Busroetes van en na die nabygeleë Gautrein-stasie bedien die area.

Ondernemings

Highveld Techno Park is 'n sakepark in die woonbuurt. Verskeie groot maatskappye soos Siemens en Telkom het kantore hier.

Die Highveld-winkelsentrum bestaan uit 'n supermark, apteek, poskantoor, kitskosrestaurant en ander winkels.

'n Kampus van die Damelin-kollege en die Luton Valley-voëlreservaat (hoek van John Vorster- en Nellmapius-rylane) kan ook hier gevind word.

Eksterne skakels

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads