Hoërskool Strand

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Hoërskool Strand is 'n Afrikaanse hoërskool wat in Sarel Cilliersstraat, Strand, geleë is. Die skoolhoof is Danie Malan. Die skoolhoof voor hom was Christiaan Klopper, voormalige adjunkhoof van Paul Roos Gimnasium. Hy volg Sanette Nowers op, wat op haar beurt in 2010 by Christo P. Vorster oorgeneem het. Nowers, wat voorheen skoolhoof van Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch was, is bevorder tot Direkteur: Metro-Sentraal Onderwysdistrik.

Kitsfeite Leuse, Gestig ...

Die leerdertal staan in 2014 op 1 067.[1] In 2013 huisves Hoërskool Strand die grootste matriekklas in sy geskiedenis, met 231 leerders wat die Nasionale Seniorsertifikaat skryf.[2] In 2014 het die matriekklas 195 leerders.[1]

Remove ads

Skoollied

Waar Valsbaai krom langs sonnig strand
En golwe skuimend speel
Daar pryk beroemd deur heel ons land
Ons dorp se Hoërskool

Daar leer ons hoe ons lewe
Aan plig en diens te wy
Eerbiedig en opreg te wees
Die kwade te bestry

Regverdig, eerlik, ruim van gees
Getrou aan land en volk te wees
Ons taal te handhaaf skoon te hou
Met vreugd' en liefde voort te bou

Volhard en oorwin
Roem ons skool sy naam
Wyd deur Suid-Afrika sy faam

Remove ads

Noemenswaardige alumni

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads