Hood Point-vuurtoring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Hood Point-vuurtoring is 'n vuurtoring in Oos-Londen, Suid-Afrika. Dit is op 4 Junie 1895 in gebruik geneem. Die vuurtoring is 14 meter hoog en bestaan uit 'n wit, ronde steentoring. Die lanternkoepel is rooi geverf. Voor die oprigting van die vuurtoring het die Castle Point-vuurtoring in die omgewing diens gedoen. [1]

Kulturele erfenis
Die Hood Point-vuurtoring is op 22 Mei 1998 as 'n provinsiale erfenisterrein verklaar en word beskerm ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999). [2]
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads