Humza Yousaf
Skotse politikus From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Humza Haroon Yousaf (gebore 7 April 1985) is 'n Skotse politikus wat sedert Maart 2023 as die leier van die Skotse Nasionale Party en die Eerste minister van Skotland dien. Hy is sedert Mei 2011 'n lid van die Skotse parlementslid, eers 'n bykomende lid vir die Glasgow-streek tussen 2011 en 2016 en tans as 'n parlementslid vir die Glasgow Pollok-kiesafdeling. Yousaf het van Mei 2021 tot sy aanstelling as Eerste minister as die kabinetsektretaris vir gesondheid en maatskaplike nadat hy as die kabinetsektretaris vir justisie tussen Junie 2018 en Mei 2021 gedien het.[1]
Nadat Nicola Sturgeon haar bedanking as leier van die Skotse Nasionale Party en as Eerste minister van Skotland aangekondig het, was Yousaf 'n kandidaat in die daaropvolgende leierskapsverkiesing. Hy het die verkiesing gewen nadat hy 'n meerderheid van die tweede voorkeur stemme ontvang het.
Yousaf se pa het in die 1960's van Pakistan na Glasgow geïmmigreer. Sy ma is in Nairobi, Kenia gebore. Sy en haar familie moes Kenia verlaat het nadat hulle talle gewelddadige rasgemotiveerde aanvalle beleef het en het ook na Skotland geïmmigreer. Yousaf is op 28 Maart deur lede van die Skotse Parlement vir die amp van Eerste minister genomineer en hy is die dag daarna ingehuldig. Hy is die eerste persoon van kleur asook die eerste Moslem om die amp te beklee.[2]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
