Internasionale Sterrekundige Vereniging

From Wikipedia, the free encyclopedia

Internasionale Sterrekundige Vereniging
Remove ads

Die Internasionale Sterrekundige Vereniging of Internasionale Astronomiese Unie (IAU) (Frans: Union astronomique internationale of UAI) is ’n groep professionele sterrekundiges met doktorsgrade wat navorsing en opvoeding in sterrekunde doen.[1] Dit word internasionaal beskou as die owerheid wat name aan hemelliggame (sterre, planete, asteroïdes, ens.) gee, asook aan enige strukture op hul oppervlak. Hul hoofdoel is om die sterrekunde in al sy aspekte te bevorder en beskerm deur middel van internasionale samewerking.

Thumb
Logo van die Internasionale Sterrekundige Vereniging.
Thumb
Nasionale lede van 73 lande.
Thumb
Die openingseremonie van die XXVIste algemene vergadering in Praag, Tsjeggië.

Die vereniging is lid van die Internasionale Raad vir Wetenskap (ICSU) en het vriendskaplike betrekkinge met organisasies wat amateursterrekundiges as lede insluit. Hul hoofkwartier is op die tweede verdieping van die Institut d'Astrophysique de Paris in die 14de arrondissement van Parys, Frankryk,[2] en die amptelike taal is Frans. Afdelings sluit in die werkgroepe vir die naamgewing van planetêre stelsels, van sterre en van meteoorreëns, asook die Kleinplaneetsentrum.[3]

Remove ads

Geskiedenis en samestelling

Die IAU is op 28 Julie 1919 in Brussel, België, gestig.[4][5] Die sewe stigterstate was België, Kanada, Frankryk, Brittanje, Griekeland, Japan en die VSA. Hulle is gou daarna gevolg deur Italië en Mexiko.[4]

Vandag het die IAU 12 664 "individuele lede", wat professionele sterrekundiges uit 96 lande is. Verder is daar 79 "nasionale lede", professionele sterrekundige gemeenskappe wat hul lande se sustersverenigings van die IAU verteenwoordig. Hulle is van onder meer Suid-Afrika, Australië, China, Indië, die VSA, Argentinië, Saoedi-Arabië, Duitsland, Brittanje, Nieu-Seeland, Rusland en Japan.[6]

Die IAU se algemene vergadering sluit al die lede in en bepaal die vereniging se beleid, keur sy verordenige goed en verkies verskeie komitees. Stemreg van die lede hang af van die saak wat voor die vergadering dien – soms stem net die individuele lede en soms net die nasionale lede.

Remove ads

Algemene vergaderings

Meer inligting Vergadering, Jaar ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads