Nieu-Suid-Wallis

From Wikipedia, the free encyclopedia

Nieu-Suid-Wallis
Remove ads

Nieu-Suid-Wallis is 'n Australiese deelstaat in die suidooste van die land. Die deelstaat beslaan 801 428 km² en is die deelstaat met die grootste bevolking sowel as die oudste van die state en gebiede. Dit word in die suide begrens deur Victoria, in die noorde deur Queensland en in die weste deur Suid-Australië. Die hoofstad en grootste stad is Sydney.

Meer inligting New South WalesNieu-Suid-Wallis ...
Remove ads

Geskiedenis

Nieu-Suid-Wallis is in 1788 gestig en het oorspronklik 'n groot gedeelte van die vasteland beslaan. Die staat is vernoem deur kaptein James Cook, wat in 1770 voet aan wal gesit het in Botany Bay. Die eerste nedersetting is in 1788 in Nieu-Suid-Wallis begin deur Arthur Phillip.

Geografie

Die staat bestaan uit 12 statistiese afdelings. Die laagliggende gebiede aan die kus lei na tafellande, wat gevorm word deur die Groot Skeidingsgebergte. Die vernaamste kusriviere van Nieu-Suid-Wallis is die Hawkesbury, Hunter, Macleay en Clarence. Die vernaamste binnelandse riviere is die Darling, Murray, Murrumbidgee, Lachlan en Macquarie-Bogan.

Stede

Naas Sydney is ander belangrike stede Newcastle, Wollongong, Coffs Harbour, Port Macquarie en Broken Hill.

Ekonomie

Die belangrikste ekonomiese bedrywighede in die deelstaat is die produksie van beesvleis, suiwel, wol en graan, asook vissery, bosbou, tekstiele en elektriese masjinerie, chemikalieë en voedselverwerking. Mynbou behels onder meer ontginning van sink, lood en steenkool.

Eksterne skakels

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads