Manchester

From Wikipedia, the free encyclopedia

Manchester
Remove ads

Manchester (Engels: [ˈmæntʃɪstər, -tʃɛs-], ) is 'n stad en metropolitraanse borough in die graafskap Groter Manchester in Noordwes-Engeland, Verenigde Koninkryk met 'n oppervlakte van 115,6 km². Die stad is met 'n bevolking van sowat 552 858 in 2019 ná Londen en Birmingham die derde grootste stad van Engeland en vorm die sentrum van Noord-Engeland se grootste metropolitaanse gebied met 'n bevolking van 2,7 miljoen. Die stadsgebied word begrens deur die Cheshire Plain in die suide, die Pennines-bergreeks in die noorde en ooste en 'n groot boog van nedersettings wat met Manchester tot 'n uitgestrekte beboude stedelike gebied saamgesmelt het.

Thumb
Beetham Tower is die hoogste wolkekrabber in Manchester en die hoogste residensiële toringgebou in die Verenigde Koninkryk
Thumb
The Co-operative Group Building op One Angel Square
Thumb
Manchester se ikoniese Express Building is in 1939 voltooi en was met sy futuristiese gestroomlynde ontwerp sy tyd vooruit. Uitgebreide opknappingswerk is in 2018 begin en in die volgende jaar voltooi.[1]
Thumb
Moderne woonstelgeboue langs die Irwell-rivier kontrasteer met historiese boukuns
Thumb
Manchester International Airport is die besigste Britse lughawe buite Londen

Manchester
Thumb

Kaart Vlag
Thumb
Wapen
Thumb
 Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Land (VK) Vlag van Engeland Engeland
 Koördinate 53°29′N 02°15′W
 Stigting 1ste eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 115,6 vk km
 Hoogte bo seevlak 38 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 552 858
 - Bevolkingsdigtheid 4 735/vk km
 Tydsone UTC +0 (GMT)
 - Somertyd UTC +1 (BST)
 Burgemeester (Lord Mayor) Abid Latif Chohan
 Amptelike webwerf manchester.gov.uk

Plaaslike nywerhede het 'n baanbrekersrol gedurende die nywerheidsomwenteling in Engeland gespeel waartydens Manchester van 'n klein nedersetting tot die wêreld se eerste groot nywerheidstad gegroei het. Die eerste spoorwegstasie ter wêreld is hier geopen, en hier het wetenskaplikes vir die eerste keer 'n atoom gesplits en die wêreld se eerste rekenaar ontwikkel wat deur 'n sagtewareprogram in sy geheue bestuur is.

Manchester word daarnaas as die bakermat van die vrouestemregbeweging in die Verenigde Koninkryk en as die stad waar die beginsels van sowel kapitalisme asook marxisme geformuleer is. In Manchester se Chatham-biblioteek – die oudste openbare biblioteek in die Engelsprekende wêreld – het Karl Marx en Friedrich Engels met die skryfwerk vir hul Kommunistiese Manifes begin. Die agteruitgang van die plaaslike tekstielbedryf in die 20ste eeu het ekonomiese swaarkry vir Manchester beteken. Die stad staan tans in die buiteland veral bekend vir die sokkerklub Manchester United en ook vir hul aartsvyande Manchester City.

Die gedokumenteerde geskiedenis van Manchester het met die Romeinse fort of castrum Mamucium begin wat omstreeks 79 n.C. op 'n sandsteenwal naby die samevloeiing van die Medlock- en Irwell-riviere opgerig is. Histories het Manchester deel uitgemaak van Lancashire, alhoewel dele van Cheshire suid van die Merseyrivier gedurende die 20ste eeu by die stad ingesluit is. Die eerste hiervan, Wythenshawe, is in 1931 by Manchester ingelyf.

Gedurende die Middeleeue was Manchester 'n relatief klein nedersetting wat aan 'n landgoed gebonde was, maar vanaf die vroeë 19de eeu het die dorp ongekende groei ervaar. Die grootskaalse uitbreiding van tekstielnywerhede as gevolg van die nywerheidsomwenteling het 'n proses van vinnige en onbeplande verstedeliking aan die gang gesit. Ná die voltooiing van die Bridgewater-kanaal in 1761 – 'n belangrike waterweg vir die vervoer van steenkool – het steeds meer tekstielmeule in Manchester ontstaan wat van die dorp die middelpunt van die Britse tekstielbedryf gemaak het. In 1853 het Manchester stadstatus verwerf.

Manchester se raadsaal (Manchester Town Hall) is in 1877 opgerig, en in 1894 is die Manchester Ship Canal ingewy – indertyd die langste riviernavigasiekanaal ter wêreld wat Manchester se nuwe rivierhawe met die see verbind het. Die dekades ná die Tweede Wêreldoorlog was 'n periode van industriële agteruitgang. 'n Bomaanval in 1996 het egter die aanleiding gegee tot 'n grootskaalse program van stedelike regenerasie waaruit veral die middestad van Manchester voordeel kon trek.

Vandag is Manchester 'n moderne metropool met 'n waardevolle argitektoniese erfenis, 'n ryk kulturele lewe en 'n florerende moderne ekonomie wat op die mediabedryf, ingenieurswese en wetenskappe baseer. 'n Doeltreffende vervoernetwerk verbind die stad met die res van die land en buitelandse bestemmings. Manchester Airport is die besigste Britse lughawe buite Londen en het bygedra tot die groei van die plaaslike toerismebedryf – Manchester is intussen die derde mees besoekte stad in die Verenigde Koninkryk ná Londen en Edinburg.

'n Aantal tersiêre instellings maak van Manchester 'n sentrum van wetenskaplike opvoeding en navorsing. Die stad se drie universiteite, die Universiteit van Manchester, Manchester Metropolitaanse Universiteit en die Royal Northern College of Music lê almal bymekaar net suid van Manchester se sakesentrum.[2] Tot 2010 is 25 Nobelpryse aan studente, dosente of voormalige studente en dosente van die Universiteit van Manchester toegeken.[3] Ander beroemde wiskundiges van Manchester sluit James Prescott Joule (fisikus), John Dalton (chemikus) en Alan Turing (informatikus) in. Joule en Dalton is oorlede nog voordat die Nobelprys gestig is, terwyl Turing se werk ten tyde van sy afsterwe nog geheim was.

Remove ads

Klimaat

Meer inligting Weergegewens vir Manchester Airport, Maand ...
Remove ads

Sport

Thumb
Old Trafford-sokkerveld tydens die Olimpiese Somerspele 2012

Manchester het twee sokkerspanne in die topafdeling van die Engelse sokkerliga – Manchester United en Manchester City. Sedert sy stigting in 1955 het Manchester United die UEFA Champions League drie keer gewen (in 1968, 1999 en 2008) en twee keer as naaswenners geëindig (in 2009 en 2011), terwyl Manchester City in 2001 as naaswenners geëindig het. Manchester United se oorwinning in 1968 was waarskynlik die klub se bekendste triomf: tien jaar nadat agt van sy spelers in die München-lugramp dood is toe hulle teruggekeer het van 'n wedstryd teen Rooi Ster Belgrado.[5]

Die Old Trafford-krieketveld is die tuiste van die Lancashire-krieketklub, een van Engeland se agtien eersterangse krieketspanne. Eersterangse krieket word sedert 1864 hier gespeel en toetskrieket (internasionale krieket) sedert 1884.[6]

Manchester was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966, die krieketwêreldbekertoernooie in 1975, 1979, 1983, 1999, 2019, die Statebondspele 2002, die Rugbywêreldbeker 2015, die Vrouerugbywêreldbeker 2025 en die T20I-vrouewêreldbeker 2026. Die Old Trafford-krieketveld word dikwels vir toetskrieketwedstryde gebruik.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads