IBAN
Internasionale bankrekeningnommer From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die IBAN is 'n afkorting vir International Bank Account Number (Internasionale bankrekeningnommer) en is formeel deur ISO 13616:1997 gedefinieer. Die konsep van die IBAN is deur die Europese Unie om handel tussen verskeie lande te vergemaklik geïnisieer.[1] Dit word tans [Augustus 2024] in meer as tagtig lande gebruik. Die meeste van die lande is in Europa en die Midde-Ooste, maar sluit ook in, onder andere, Brasilië en Pakistan.[2] Sedert 2014 is die IBAN die enigste bankrekeningnommer wat vir euro-banktransaksies in die EU gebruik mag word.[3]
Taalgebruik moet nagegaan word: Die teks moet vir spelling, sinsbou en woordkeuse nagegaan word. Indien dit nie binne twee weke versorg word nie, mag dit vir verwydering kwalifiseer. |

Remove ads
IBAN-formaat
Die presiese formaat van die IBAN is nie dieselfde in elke land nie. 'n Land wat gebruik van die IBAN vir internasionale doeleindes wil maak moet hul formaat met SWIFT (Society for Worldwide Interbank Financial Telecommunication) registreer. Die formaat van die IBAN is:
- Tekens 1-2: Landkode volgens ISO 3166-1
- Tekens 3-4: Mod-97 Kontrolesom.
- BBAN (Basic Bank Account Number) wat die bankkode, rekeningnommer en soms andere inligting by soos, byvoorbeeld die bank se BIC (Business Identifier Codes) insluit. Die formaat en aantal tekens van die BBAN verskil van land tot land.
Wanneer 'n IBAN geskryf of gedruk is, is dit die gewoonte om 'n spasie na elke vierde teken by te voeg. Hierdie spasies is nie in die elektroniese vorm nodig nie.
Tipiese IBAN-formate word hieronder aangegee. In die kolom "BBAN-formaat", dui die letter "n" 'n syfer aan, die letter "a" 'n hoofletter en die letter "c" óf 'n hoofletter óf 'n syfer aan:[2]
Remove ads
Kontroleer van 'n IBAN

Die IBAN gebruik 'n modulo-97-kontrole (ISO 7064) algoritme om die kontrolesom te bereken. Die kontroleer-toets sorg dat as 'n mens 'n fout begaan wanneer hulle 'n IBAN afskryf, is dit blykbaar dat die fout gestrik sal wees. Dus kan 'n mens die IBAN van 'n ontvanger op sy eie rekenaar kontroleer voordat hy 'n elektroniese handeling maak.
Die algoritme lui dus:[4]
- Bewys dat die tekens in die IBAN-tekenketting die regte formaat het. Die formaat hang af van die land waar die IBAN vandaan kom wat deur die eerste twee tekens aangedui word.
- Skuif die eerste vier tekens in die IBAN-tekenketting na die einde van die tekenketting.
- Verplaas elke letterteken in die tekenketting met twee syfertekens. Die teken "A" word met "10" verplaas, die teken "B" met "11" en so voorts.
- Omset hierdie tekenketting as 'n heeltal. Bereken die restant wanneer die nommer deur 97 gedeel is. (Dit is nie nodig om die kwosiënt te bereken nie)[5].
- As die restant "1" is, is dit blykbaar dat die IBAN geldig is.
Voorbeeld: [fiktiewe] Britse bank: Landkode = "GB", kontrolesom = "82", BIC takkode = "WEST", takkode (sort code) "12-34-56", rekeningnommer = "98765432"):
• IBAN: GB82 WEST 1234 5698 7654 32• Tekenverplasing: _W_E_S_T12345698765432_G_B82• Syferverplasing: 3214282912345698765432161182("A"=> "10", "B" => "11" … "W" => "32" …) • Restant bereken: 3214282912345698765432161182mod 97 = 1
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
