Ian Rush
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Ian James Rush (gebore 20 Oktober 1961) is ’n Walliese voormalige professionele sokkerspeler wat as aanvaller gespeel het. Hy word beskou as een van die beste doelskieters van alle tye en as een van die grootste Walliese spelers in die geskiedenis van die sport.[2][3][4][5][6]
Op klubvlak het Rush vir Liverpool gespeel van 1980 tot 1987 en weer van 1988 tot 1996. Hy is die klub se algehele topskutter, met ’n totaal van 346 doele in alle kompetisies vir die span. Hy hou ook die rekords as die hoogste doelskieter in die geskiedenis van die EFL-beker en in die eindstryde van die FA-beker.
Op internasionale vlak het Rush 73 wedstryde vir die Walliese nasionale span gespeel en was hy vir baie jare die rekorddoelskieter met 28 doele tussen 1980 en 1996, totdat dié rekord in 2018 deur Gareth Bale gebreek is.
Remove ads
Klubloopbaan
Rush het sy professionele sokkerloopbaan in 1978 in Engeland by Chester City begin. Daardie klub het destyds in een van die laer afdelings gespeel. In sy tweede seisoen het Rush 33 wedstryde vir Chester City gespeel en veertien doele aangeteken. Dit het nie ongesiens verbygegaan nie en het hom ’n oordrag na Liverpool FC besorg.
By die groot klub van Liverpool het hy aanvanklik skaars gespeel, maar in sy tweede seisoen het hy onmiddellik ’n plek in die beginspan verower. Rush het een van Liverpool se belangrikste spelers geword en het saam met die klub trofee na trofee gewen. In 1981 en 1984 het hy byvoorbeeld die Europabeker I gewen. Rush het nie net saam met Liverpool titels gewen nie; hy het ook persoonlike pryse ontvang. So het hy in 1984 die Soulier d’Or gewen as die Europese topskutter van die seisoen.
Na groot belangstelling van verskeie vooraanstaande Europese klubs aanvaar het, het Rush op 2 Julie 1986 ’n aanbod van die Italiaanse klub Juventus aanvaar vir ’n Britse rekordoordragsfooi van £3,2 miljoen.[7] Hy het egter nog een seisoen op lening by Liverpool gebly voordat hy sy debuut vir Juventus gemaak het. By Juventus het Ian Rush genoeg speelkans gekry, maar hy kon nie dieselfde sukses voor die doel behaal as by Liverpool nie. In sy eerste seisoen vir Juventus het hy agt keer gescore, gedeeltelik weens die meer verdedigingsgerigte Italiaanse sokkerstyl, en in 1988 het Rush besluit om na Liverpool terug te keer.[8]
Rush het onmiddellik weer sy plek in Liverpool verower en gou sy doelinstink teruggevind. Op 18 Oktober 1992 het Rush die doelaantalrekord van Roger Hunt oorgeneem, wat 286 keer vir The Reds aangeteken het. Rush het op 20 Mei 1996 afskeid van Anfield geneem toe hy ingestem het om by Leeds United aan te sluit. Hy het een seisoen by Leeds gespeel, drie keer in 36 Premierliga-wedstryde gescore.[9]
Daarna het hy by Newcastle United aangesluit op ’n eenjaar-kontrak, maar hy het sy plek in die span ná Kersfees verloor toe Alan Shearer teruggekeer het van ’n langtermynbesering. Rush het egter ’n belangrike doel aangeteken in ’n 1–0 oorwinning teen Everton in die derde rondte van die FA-beker, sy 44ste doel in die kompetisie (’n rekord van die 20ste eeu), wat Newcastle gehelp het om hul eerste FA-beker-eindstryd in 24 jaar te bereik. Hy het nog een doel vir Newcastle aangeteken in ’n Ligabeker-wedstryd teen Hull City.[10]
Later in die seisoen is hy op lening na Sheffield United gestuur, voordat hy in die somer van 1998 St James’s Park verlaat het om, met groot fanfare, by Wrexham aan te sluit. Die 37-jarige, minder atletiese Rush kon nie in 17 wedstryde in Divisie Twee vir die Noord-Wallis klub score nie en is teen die einde van die seisoen na die middelveld verplaas. Hy het kort daarna ’n kort speelkomeback by Sydney Olympic in Australië gemaak, waar hy een doel in twee wedstryde aangeteken het, voordat hy uiteindelik in 2000, op 38-jarige ouderdom, afgetree het en ’n illustere loopbaan beëindig het.
Remove ads
Internasionale loopbaan
Rush het 73 internasionale wedstryde vir Wallis gespeel en 28 doele aangeteken tussen 1980 en 1996. Hy het sy debuut vir die nasionale span gemaak op Woensdag 21 Mei 1980 in die uitwedstryd teen Skotland in Glasgow; ’n 0–1 nederlaag. Sy 73ste en laaste interlandspeel het op Woensdag 24 Januarie 1996 plaasgevind in ’n vriendskaplike uitwedstryd teen Italië; ’n 0–3 nederlaag.[11]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
