Incheon

From Wikipedia, the free encyclopedia

Incheon
Remove ads

Incheon (Koreaans: 인천광역시, [intɕʰʌ̹n], letterlik: "vriendelike rivier") is die derde grootste stad na die hoofstad Seoel en Busan in die noorde van Suid-Korea en is in die weste van die Koreaanse Skiereiland geleë. Die stad het 'n bevolking van 2 954 955 in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 062,63 km².

Thumb
Kaart van Incheon in 1930

Incheon
인천광역시
Thumb

Kaart Wapen
Thumb
Thumb
Vlag
 Land Vlag van Suid-Korea Suid-Korea
 Streek Sudogwon
 Koördinate 37°29′N 126°38′O
 Stigting 1883
 Oppervlakte:  
 - Totaal 1 062,63 vk km
 Hoogte bo seevlak 15 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 2 954 955
 - Bevolkingsdigtheid 2 800/vk km
 Tydsone UTC+9 (KST)
 Burgemeester Park Nam-choon
 Amptelike webwerf incheon.go.kr

Die stad is aan die Geelsee geleë en grens in die noorde aan Noord-Korea. Dit is die belangrikste lughawestad van Suid-Korea en huisves die reuse Incheon Internasionale Lughawe, wat die hoofstad Seoel bedien. Die lughawe het 'n gholfbaan, 'n spa, private slaapkamers, ysskaatsbaan, 'n kasino, binnenshuise tuine en 'n museum van die Koreaanse kultuur. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.

Remove ads

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Incheon.
  • (en) Toerisme-inligting oor Incheon op Wikivoyage
  • (ko) Amptelike webwerf
  • (en) "Incheon". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Julie 2025.
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads