Intuitive Machines-2

maanlander gebou deur Intuitive Machines wat die maan suidpool teiken From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Intuitive Machines-2 (IM-2) was 'n maansending deur Intuitive Machines as deel van NASA se Commercial Lunar Payload Services (CLPS)-program.[1][2] Dit is op 27 Februarie 2025 om 00:16:30 UTC gelanseer. Die Nova-C-maanlander, genaamd Athena, het die oppervlak van die Maan op 6 Maart 2025, om 17:30 UTC, bereik. Kontak was tydelik verlore na die landingsproses; maar toe dit hervestig is, het dit aangedui dat die ruimtetuig nie in die korrekte oriëntasie is nie, en een van die twee radio-antennas werk nie, terwyl die ruimtetuig nie genoegsame krag genereer nie. Teen 7 Maart was Athena se krag heeltemal uitgeput en daar word nie verwag dat dit met die sending sal kan voort gaan nie.

Athena is ontwerp om die teenwoordigheid en hoeveelheid maanwaterys te ondersoek deur PRIME-1, 'n loonvrag wat uit 'n boor en massaspektrometer bestaan, te gebruik. Athena dra ook die Micro Nova Hopper genaamd Grace:[3] 'n hommeltuig toegerus met 'n neutronspektrometer wat bedoel is om die permanente skadugebied (PSR) van die Marston-krater, naby die beplande landingsplek, te verken. Die missie het ten doel om 'n oppervlakmeting van waterstof in die PSR te verskaf - 'n aanduiding van soliede waterys.[4][5]

Remove ads

Agtergrond

IM-2 is die vierde missie in die CLPS-program, waarin NASA kommersiële verskaffers betaal om eksperimente na die Maan te stuur. Die eerste CLPS-poging was Peregrine deur Astrobotic Technology, wat in Januarie 2024 gelanseer is, maar kort ná lansering misluk het en nie die Maan bereik het nie.[6] Die tweede CLPS-sending was IM-1 deur Intuitive Machines in Februarie 2024, wat die Odysseus-lander op die Maan geplaas het, maar die landing was meer problematies as wat verwag is en die ruimtetuig het gekantel by landing. Die missie as 'n gedeeltelike sukses beskou.[6] 'n Derde CLPS-sending, die Blue Ghost-sending-1 deur Firefly Aerospace, het sonder probleme op 2 Maart 2025 geland. Die vierde sending, IM-2, is op 27 Februarie 2025 gelanseer en was dus reeds op pad toe die Blue Ghost-landing plaasgevind het.[1][2]

Remove ads

Hardeware

’n Bykomende CLPS-kontrak is in Oktober 2020 aan IM toegeken om ’n tweede Nova-C-lander naby die maan-suidpool te land. NASA het die landingsplek by 'n rif naby die Shackleton-krater aangewys, waar daar ys onder die oppervlak kan wees.[7] Na die problematiese landing van IM-1 is verskeie aanpassings gemaak, insluitend verbeterings aan die primêre laserafstandmeterstelsel, wat help om veranderlikes soos hoogte bo seespieël en horisontale snelheid te bepaal.[8]

Die primêre loonvrag, PRIME-1, sluit die TRIDENT-ysboor in om ys van onder die maanoppervlak te monster en die MSolo-massaspektrometer om die hoeveelheid ys in die monsters te meet.[9][10] ILO-1-hoofkontrakteur Canadensys werk daaraan om "'n vluggereed laekoste optiese loonvrag vir die ILO-1-sending te lewer, gehard vir die Maan-Suidpool-omgewing". Dit kon moontlik gereed wees vir integrasie op die IM-2-missie.[11]

Die MiniPIX TPX3 SPACE-loonvrag, verskaf deur die Tsjeggiese maatskappy ADVACAM, sal aan boord van die Nova-C-maanlander wees. Hierdie loonvrag is ontwerp om die stralingsveld op die Maan te monitor en te help verstaan hoe om bemanning en toerusting te beskerm teen die negatiewe uitwerking van kosmiese strale. Dit is die eerste Tsjeggiese loonvrag wat beplan word om na die maan se oppervlak gelewer te word.[12][13]

Tydens die missie sal IM ook 'n tweede voertuig, sy μNova (Micro-Nova) Hopper, ontplooi. Micro-Nova sal na landing van die Nova-C-lander skei en as 'n selfstandige hopperlander funksioneer, wat verskeie moeilik bereikbare gebiede soos diep kraters op die maanoppervlak verken,[14][15] deur hidrasienvuurpyle in beheerde sarsies af te vuur om homself kort afstande aan te dryf. Dit sal oor kraters spring op soek na maanys, wat water kan bevat wat noodsaaklik is vir toekomstige bemanningssendings na die Maan.[16] Waterys kan in vuurpyl dryfmiddel verwerk word of gebruik word om 'n permanente maanhabitat in die toekoms te ondersteun. Micro-Nova word ook beplan om die eerste foto's van binne kraters by die maan suidpool te neem en sal 'n 1-kilogram loonvrag vir meer as 25 kilometer kan dra. Die hopper sal gebiede met permanente skadu verken en kan "in 'n lawa-buis invlieg en beelde teruggee", volgens IM-medestigter en CTO Tim Crain.[17][18]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads