Jacaranda FM

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Jacaranda FM is 'n kommersiële Suid-Afrikaanse radiostasie wat in Afrikaans en Engels uitsaai. Hulle senders dek Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en die Noordwesprovinsie, en daar kan ook aanlyn op die stasie ingeskakel word. Hulle saai op die frekwensie 93.9 – 97.1 MHz FM uit. Die stasie se slagspreuk is "More Music You Love" maar het al verskeie kere oor die jare verander en was al onder andere "Life's Greatest Hits" en "80’s, 90’s and now" op verskillende tye.

Kitsfeite Gestig, Formaat ...
Remove ads

Geskiedenis

Die eerste uitsending van Radio Jakaranda (die naam van die radiostasie tydens sy stigting) het begin om middernag op die eerste Januarie 1986. Dit het sekondes na die staking in uitsending van Springbokradio begin as 'n projek deur die SAUK om sy streeksradiostasies uit te brei. Dit het daarna hande verwissel en word tans hoofsaaklik (80% aandele) deur Kagiso Media besit.[1]

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads