Jack Swigert
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
John Leonard "Jack" Swigert (* 30 Augustus 1931 – † 27 Desember 1982) was 'n Amerikaanse toetsvlieënier, meganiese en lugvaartingenieur, Nasa-ruimtevaarder en een van slegs 24 mense wat na die Maan gevlieg het. Hy was deel van die Apollo 13-missie.
Voordat hy in 1966 by NASA aangesluit het, was hy 'n burgerlike toetsvlieënier en vegvlieënier in die Air National Guard. Hy was gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.
Nadat hy by NASA bedank het, is hy verkies tot die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers vir die deelstaat Colorado se 6de distrik. Hy sterf egter voordat hy ingesweer kon word.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jack Swigert.
- (en) Jack Swigert in die Internet-rolprentdatabasis
- (en) Jack Swigert by Find a Grave
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads