Meestersgraad in Besigheidsadministrasie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Meestersgraad in Besigheidsadministrasie (Engels: Master of Business Administration - MBA) is 'n spesiale meestersgraad, bedoel vir mense met 'n baccalaureus- of magistergraad en ten minste 'n paar jaar werkservaring. MBA is 'n professionele bedryfsadministratiewe en bedryfsekonomiestudie.
Oorsig
Die ontwerp van die MBA-studie kom uit die Verenigde State, maar MBA word nou in baie lande onderrig. Anders as 'n gewone meesters, is MBA-kursus uiters prakties gerig. 'n MBA word nie altyd met 'n tesis afgesluit nie, maar aan die ander kant word daar gereeld gefokus op werkstukke en gevallestudies.
'n MBA-kandidaat kies ook meestal 'n hoofvak waarin hy wil spesialiseer: bemarkingsbestuur, finansiële bestuur, boekhouding, bedryfsnavorsing, bedryfsekonomie, personeelbeleid, besigheidsinligtingstegnologie, internasionale sakebestuur, kwaliteitsbeleid, nie-winsgewende sektor ensovoorts. Afhangend van die tradisie in die MBA-skool, word die studieprogram verder aangevul met 'byvakke' (tweede spesialiteit met minder 'krediete' as die hoofvak) of 'n reeks keusevakke uit ander sakedissiplines.
Die reeks MBA-kursusse is baie uiteenlopend van gehalte en wissel van bekende en uiters veeleisende studieprogramme tot titels met geen of uiters buigbare toelatingsvoorwaardes en minimum of geen eksamenvereistes nie. Sommige programme het ook 'n uitruilprogram vir studente en professore met ander internasionale sakeskole.
Die aantal plekke vir opleiding is dikwels beperk op hoogaangeskrewe programme en die kandidate word gekeur na die gehalte van vorige studies, verwysings en besigheidservaring. Die gestandaardiseerde GMAT-telling speel ook 'n belangrike rol in toelating tot internasionaal-bestuurde MBA-programme. Aan die ander kant het minder hoogaangeskrewe programme 'n baie breër aanstellingsbeleid, waardeur selfs die vereistes vir werkservaring nie altyd toegepas word nie.
Remove ads
Besigheidskole in Suid-Afrika
1 GIBS bied besigheid spesifieke proramme in Londen, Verenigde Koninkryk[25]
2 Nota: vanaf Januarie 2008 het GIBS die Graduate School of Management vervang.
Remove ads
Verwysings
Verdere leeswerk
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads