Javaanse kat

From Wikipedia, the free encyclopedia

Javaanse kat
Remove ads

Die Javaanse kat is ’n langharige, Oosterse tipe katras en staan ook bekend as die Mandarynse kat of Oosterse langhaarkat. Die kat het geen verbintenis met die eiland Java nie.

Kitsfeite
Remove ads

Geskiedenis

Toe Amerikaanse kat-telers probeer het om ’n langharige weergawe van die Siamese kat te ontwikkel, het hulle die Balinese kat geskep. Die Javaanse kat het as ’n soort neweproduk van dié teelprogram ontstaan. In 1979 het die Cat Fanciers' Association in Amerika die Javaanse kat as ’n aparte ras erken. Ander verenigings beskou dit as ’n variant van die Balinese kat.

Beskrywing

Die kat het ’n sagte enkellaag hare en die stert vorm ’n pluim.[1] Die enigste onderskeid tussen die Javaanse en Balinese kat lê in die kleure van die pels.[2] Die Javaanse kat het die kleure van die Oosterse korthaarkat en word dus dikwels beskou as ’n langharige weergawe daarvan.

Die kat raak nes ander Oosterse katte geheg aan een mens. Hulle miaau graag om hul eienaars te laat weet hoe hulle voel.

Remove ads

Sien ook

Lys van katrasse

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads