Joeri Andropof
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Joeri Wladimirowitsj Andropof (Russies: Юрий Владимирович Андропов; 15 Junie 1914 – 9 Februarie 1984) was ’n politikus van die Sowjetunie en 15 maande lank sekretaris-generaal van die land se Kommunistiese Party.
Remove ads
Vroeë loopbaan
In 1936 het Andropof ’n amptenaar van die Kommunistiese Jeugliga, Komsomol, geword. Tydens die Groot Suiwering van Josef Stalin, toe honderde regerings- en weermagamptenare tereggestel is op aanklagte van verraad en spioenasie, het Andropof vinnig opgang gemaak in die Komsomol. Hy het in 1939 lid van die Kommunistiese Party geword en in 1940 sekretaris van Komsomol.
Hy het in die Tweede Wêreldoorlog geveg en ná die oorlog verskillende belangrike posisies in die party beklee. Ná die dood van Stalin in 1953 is hy "wegbevorder" as ambassadeur van die Sowjetunie in Hongarye. Hier het hy die Hongaarse Opstand in 1956 onderdruk deur politici te laat arresteer en die leiers van die opstand te laat teregstel.
In 1967 het Leonid Brezjnef, toe leier van die Sowjetunie, Andropof aangestel as hoof van die KGB. Ses jaar later het Andropof ook lid geword van die Politburo, die hoogste orgaan van die Kommunistiese Party. Hy was tot 1982 hoof van die KGB.
Remove ads
Leier
Ná Brezjnef se dood het die Politburo Andropof benoem tot sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party, wat hom die magtigste persoon in die land gemaak het. Een van sy groot mededingers was Konstantin Tsjernenko, wat ná hom leier sou word. In Junie 1983 het Andropof as voorsitter van die Presidium van die Opperste Sowjet staatshoof van die Sowjetunie geword.
Andropof het besef in watter slegte toestand die land se ekonomie was en ’n aantal politieke hervormings deurgevoer, soos om korrupsie onder staatsamptenare te beveg. Hy was ook daarvoor verantwoordelik dat Michail Gorbatsjof in die Politburo ingebring is. Dié sou ’n paar jaar later as nuwe staatshoof Andropof se herstruktureringsidees uitvoer.
Weens swak gesondheid kon Andrpof self min hervormings deurvoer. Hy is gediagnoseer met diabetes, hoë bloeddruk en chroniese nierprobleme. Hy is begin 1984 op 69-jarige ouderdom dood en opgevolg deur Konstantin Tsjernenko.
Remove ads
Eksterne skakels
- Die KGB se jaarlikse verslag in 1967, geteken deur Andropof Geargiveer 18 Desember 2008 op Wayback Machine by CNN
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Joeri Andropof.
Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
