Johannes II Komnenos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Johannes II Komnenos of Comnenus (Grieks: Ίωάννης Βʹ Κομνηνός; 13 September 1087 - 8 April 1143) was van 1118 tot 1143 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was ook bekend as "Johannes die Mooie" of "Johannes die Goeie" (Kaloïōannēs).
Remove ads
Opvolging
Johannes was die seun van keiser Alexios I Komnenos en Irene Doukaina en die tweede heerser wat regeer het tydens die Komnenos-herstel van Bisantium.
Alexios I se laaste jare was vol kommer oor sy opvolging. Hoewel hy Johannes in 1092 op vyfjarige ouderdom as medekeiser aangestel het, wou sy vrou, Irene Doukaina, hê hy moes die opvolging verander ten gunste van hulle dogter Anna en Anna se man, Nikephoros Bryennios die jongere.[1] Bryennios het die titel "kaisar" gekry, asook die nuwe titel "panhypersebastos" ("geëer bo almal"). Net voor sy pa se dood het Johannes hom egter gevestig as die opvolger, en hy het min weerstand van Bryennios gekry.
Binne ’n jaar van sy opvolging het ’n sameswering om sy bewind oor te neem aan die lig gekom wat die vinger na sy ma en suster gewys het.[2] ’n Gebrek aan simpatie van Bryennios se kant af was blykbaar die rede dat die sameswering misluk het. Irene het in ’n klooster gaan aftree en Anna het uit die openbare oog getree. Bryennios het egter op goeie voet met sy swaer gebly.[3][4]
Remove ads
Bewind

Johannes was ’n vroom en toegewyde keiser wat vasbeslote was om die skade wat sy ryk gely het ná die Slag van Manzikert ’n halfeeu vroeër ongedaan te maak.
Hy word beskou as die beste Komnenos-keiser.[5] Tydens sy bewind van 25 jaar het hy bondgenote gesluit met die Heilige Romeinse Ryk in die weste, het hy die Petjenege, Hongare en Serwiërs in die Balkan verslaan en persoonlik veldtogte gelei teen die Seldjoekse Turke in Klein-Asië. Johannes se veldtog het die magsewewig in die ooste grootliks verander en die Turke op die verdediging gestuur. Hy het ook baie Bisantynse dorpe, forte en stede dwarsoor Anatolië herstel. In die suidooste het hy Bisantynse beheer uitgebrei. In ’n poging om die Bisantynse ideaal te demonstreer dat die keiser die rol van leier van die Christelike wêreld speel, het Johannes die Moslemse Sirië inmarsjeer vooraan die gesamentlike magte van Bisantium en die Kruistogstate; sy ywer is egter gesmoor deur die ontwykendheid van sy Kruistogbondgenote en hulle onwilligheid om saam met sy magte te veg.
Onder Johannes het die ryk se bevolking weer aangegroei tot sowat 10 miljoen.[6] Sy bewind is nie naastenby so goed geboekstaaf as dié van sy vader of sy seun, Manuel I, nie. Daar is veral min bekend oor sy binnelandse beleide en bewind.
Remove ads
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads