Jukka

plant spesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Jukka
Remove ads

Die jukka of Yucca gigantea (ook genoem die Yucca elephantipes, Yucca guatemalensis ens.)[1] is ’n spesie wat inheems is aan Belize, Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras, Nicaragua en die oostelike deel van Mexiko.[2]

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Remove ads

Eienskappe

Thumb
Die blom van die jukka.

Die plante kan in gematigde streke gekweek word en kan selfs strawwe ryp verduur. Binnenshuise plante kan glad nie saad ontwikkel nie omdat die jukka net deur ’n sekere soort mot in hul natuurlike habitat bestuif kan word.

Hoewel dit tot 9 meter hoog en 4,5 meter breed kan word, is dit meestal sowat 6 meter hoog. Dit kan ’n dik, enkele stam hê, of verskeie stamme wat uit ’n dik basis loop wat soos ’n olifantpoot lyk.[3][4] Die blare is styf, puntig en tot 1,2 meter lank.

In die somer word wit blomme gevorm, gevolg deur bruin, vlesige vrugte wat ovaalvormig en tot 2,5 cm lank is.[3]

’n Paar kultivars is ontwikkel, soos:

  • Yucca gigantea 'Artola Gold' [5]
  • Yucca gigantea 'Jewel' [5]
  • Yucca gigantea 'Puck' [6]
  • Yucca gigantea 'Silver Star', ’n plant met gestreepte blare[5]
Remove ads

Gebruike

Die blomme word as bestanddele in resepte gebruik vanweë hul bitter smaak. Die plante word dikwels as huisplante gekweek, en ook op koffieplase om gronderosie teen steil hange te voorkom.

Probleme

As die onderste deel van die plant begin geel word, kry dit te min lig. Botrytis-swam en dopluise kan voorkom.[7]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads