K2

2de hoogste berg op aarde From Wikipedia, the free encyclopedia

K2map
Remove ads

K2 (Chinees: 乔戈里峰, Qogir; Oerdoe: کے ٹو, Ke Tu) is 'n berg in die Karakoramberge wat op die grens tussen Pakistan en die Volksrepubliek China geleë is. Met 'n hoogte van 8 614 meter is dit die tweede hoogste berg van Asië en die wêreld ná Berg Everest.

Kitsfeite
Remove ads

Moeilikheidsgraad

Thumb
K2 soos vanaf die suide gesien

K2 staan bekend as een van die moeilikste berge ter wêreld om uit te klim. Dit is 'n baie steil berg met vele tegniese gedeeltes en 'n groot kans op vallende rotse en sneeustortings. Einde 2007 was daar wêreldwyd slegs 280 klimmers wat al die piek bereik het, terwyl 2 600 avonturiers al Berg Everest uitgeklim het. Sowat 77 bergklimmers het al hier gesterf. Die afklim is veral berug vanweë die vele klowe om te oorkom. Op 1 Augustus 2008 word elf mense aldaar dodelik verras toe 'n sneeustorting hul toue breek. K2 se afgeleë ligging (dit neem sewe dae se stap vanaf die naaste dorp) bemoeilik enige reddingspogings.[2][3]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads