KV32

From Wikipedia, the free encyclopedia

KV32
Remove ads

KV32 in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte, was die grafkelder van Tiaa, die vrou van Amenhotep II en die moeder van Toetmoses IV.

Kitsfeite

Victor Loret het die graf in 1898 ontdek. Dit is onversier en loop tot sowat 40 m in die heuwels in, met 'n grafkamer van 6,24 x 8,56 x 4,01 m aan die einde.[1] 'n Deel daarvan is binnegedring deur werkers wat die grafkelder van Siptah (KV47) uitgegrawe het.

In die grafkelder is honderde stukke van begrafnisflesse en hulle deksels ontdek. Ander ontdekkings sluit in begranisbeeldjies en miniatuurkissies met die naam van die koningin.[2] Vase met die naam van die burgemeester van Thebe, Sennefer, en sy vrou is ook gevind.[3]

Remove ads

Verwysings

Bibliografie

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads