KV37
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
KV37 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Die teenwoordigheid van begrafnisflesse en beenfragmente dui daarop dat dit vir 'n begrafnis gebruik is, waarskynlik in die 18de Dinastie. Dit is egter onbekend wie die oorspronklike eienaar was.[1]
Remove ads
Ontdekking en uitgrawings
KV37 is geleë in 'n sytak van die suidelike syvallei, net onder die grafkelder van Toetmoses III (KV34).[2] Dit is in 1899 deur Victor Loret ontdek; sy verslae noem die vonds van skerwe en artefakte met die naam van Toetmoses IV en Seti I. Dit het ook kelke bevat wat deur die Egiptoloog Elizabeth Thomas aangeteken is.[3]
Herondersoek
In 2016-'17 is die grafkelder weer skoongemaak deur 'n span van die Universiteit van Basel omdat dit verskeie meters onder die grondvlak gelê het en vol puin was. In die middel van die enkele vertrek is erdeware gekry. Die sowat 20 tot 29 flesse is skoongemaak en weer gelas.[3][4] Die kamer is ook deeglik gefotografeer.
Remove ads
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
