Kaap Hoorn

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kaap Hoornmap
Remove ads

Kaap Hoorn (Spaans: Cabo de Hornos) is geografies gewys die mees suidelike punt van Suid-Amerika en op die Chileense eilandjie Isla Hornos geleë. Hier ontmoet die Atlantiese Oseaan en die Stille Oseaan mekaar.

Thumb
Kaart van Kaap Hoorn en omliggende eilande
Thumb
Kaap Hoorn vanaf die see gesien

Kaap Hoorn is tydens 'n ekspedisie onder die Austraalse Compagnie deur die Nederlandse ontdekkingsreisiger Willem Cornelisz Schouten op 29 Januarie 1616 vir die eerste keer opgeteken en ter ere van Hoorn se stadsraad Kaap Hoorn genoem. Ná 1618 is die teorie opgestel dat die Engelse admiraal Francis Drake reeds in Oktober 1578 Kaap Hoorn ontdek het, hoewel die aantekeninge van die meer as twintig jaar dooie Drake en dié van sy span nie met die werklike toestande aan die Kaap ooreenstem nie.[1][2]

Totdat die Panamakanaal in Augustus 1914 ingewy is, het die see rondom Kaap Hoorn saam met die Straat van Magellaan die belangrikste seeroete tussen die Atlantiese en die Stille Oseaan gevorm.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads